Harbour View Villa
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 68 Bland Street, Mosselbaai, Mosselbaai, 6550, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Harbour View Villa is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in Mosselbaai, stapafstand vanaf restaurante, winkelsentrums en die strand. Die huis spog met 'n uitsig oor die hawe en is ideaal vir 'n groep vriende of 'n gesin.
Die drieslaapkamerhuis bied slaapplek aan 6 gaste. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en gaste deel 2 badkamers wat onderskeidelik 'n bad en 'n stort het. Een van die badkamers het ook 'n wasmasjien. Daar is ook 'n aparte toilet, en linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die aangrensende sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 6 waar gaste hul maaltye kan geniet.
Buite is daar 'n welige grasperk wat ideaal is vir pieknieks en die balkon het 'n Weber-braai en stoepmeubels. Hiér kan gaste hul oggendkoffie geniet en die branders in die verte sien breek. Parkeerplek is in die straat beskikbaar.
Mosselbaai bied verskeie aktiwiteite wat swem, skubaduik, branderplankry, gholf, voetslaan, 4x4-roetes en diepseehengel insluit.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Bad
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Ligging
- 68 Bland Street, Mosselbaai, Mosselbaai, 6550, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 68 Bland Street, Mosselbaai, Mosselbaai, 6550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang