Successfully reported
+15

Highland House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kruisfontein Road, 1082 Highland Gate Golf And Trout Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R6 500 per nag (plek vir 14)

Beskrywing

Highland House is 'n pragtige en ruim vakansiehuis wat ideaal geleë is binne die Highland Gate Golf And Trout Estate wat in Dullstroom is. Dit kan 'n wonderlike opsie wees vir 'n groot gesinsbyeenkoms of 'n groep vriende, want hierdie uitgestrekte eiendom bied pragtige uitsigte oor die omliggende gholfbaan.

Dié dubbelverdieping-eiendom kan altesaam 14 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 6 slaapkamers met 6 en suite-badkamers. Daar is 4 slaapkamers wat elk ingerig is met 'n koninggrootte-bed, nog 'n slaapkamer met 2 stapelbeddens en die sesde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamers is óf toegerus met 'n stort óf 'n bad en 'n stort. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n kaggel. In die middel van hierdie area is 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Langs hierdie etenstafel is 'n onthaalarea met nog 'n sitkamerspasie, 'n ingeboude braai en 'n kroeg met 'n ysmasjien asook 'n yskassie.

Dié eiendom het nog 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv-kanale en 'n DVD-speler. Wi-Fi is ook beskikbaar. Die huis het ondervloerse verhitting wat ideaal is vir die wintertye. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Die huis het 'n omskakelaar wat inskop tydens beurtkrag.

Kamer-opset

6 Slaapkamers 6 Badkamers, 6 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Stapelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Melani J
5.0
Vars lug, besondere uitsig, rustigheid en gerief. Die huis het 'n uitstekende ligging in die mooiste omgewing. Almal (oud en jonk) het die naweek baie...
Sien meer
Jun 2025
Jennifer W
5.0
A wonderful stay. Lovely house with wonderful views and a fully equipped kitchen and bar, complete with a coffee pod machine and ice ma...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Corlia S
5.0
Wonderlike tyd saam familie in 'n baie cozy huis op 'n koue naweek. Ja, ons het baie lekker gebly! Die huis is groot en ruim en perfek vir 'n groot fa...
Sien meer
Sep 2024
Adrian L
Gesin met tieners
5.0
We were 3 families with 6 teenagers and we had an awesome stay. Great stay in a great house. Lots of space. Great views.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Morne G
Saam met vriende
5.0
Unbelievable. Was baie lekker naweek, met puik diens.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Cornelia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Kruisfontein Road, 1082 Highland Gate Golf And Trout Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Highland House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 6 500
per nag (plek vir 14)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 6 500
per nag (plek vir 14)
Vanaf
R 6 500
per nag (plek vir 14)
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kruisfontein Road, 1082 Highland Gate Golf And Trout Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfdf29b00b98538f7bf510b7b7008a6083bd93e2b575f91b487bd16f276e293a55e02ea9919e8ffc3225d2f775c5e7357e759?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 500 per nag (plek vir 14) 7 5 1 5 Kruisfontein Road 1082 Highland Gate Golf And Trout Estate 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -25.436990122578 30.213444971354

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang