Successfully reported
+101

Hole in One Boutique Hotel

  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 171 Hole in One Avenue, Ruimsig, Gauteng, 1724, Gauteng
  • Vanaf R1 898 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Hole in One Boutique Hotel is 'n luukse boetiekhotel wat in 'n koloniale-styl getooi is. Dié gastehuis het 'n restaurant, funkie- en konferensielokale en 'n kapel. Dit is ideaal geleë in Ruimsig, net 25 minute vanaf die Johannesburgse middestad, maar steeds in die platteland. Dit is ook naby Die Wieg van die Mensdom. Hole in One Boutique Hotel beskik oor 'n boetiekhotel en 'n herehuis in 'n rustige omgewing en dit bied al die gemak van 'n huis.

Die ligte is altyd aan by Hole in One. Daar is kragopwekkers wat elektrisiteit 24/7 voorsien.

Gaste kan kies tussen ons Gesinskamer, Wittebroodkamer en verskeie Standaardkamers en 2-enkelbedkamers. Elke kamer is uniek versier en die badkamers het die mooiste afwerkings. Daar is lugversorging, DStv, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, elektriese kluis en gratis WiFi in die kamers.

Die kombuis berei heerlike ontbyt, middagetes en aandetes voor wat in ons stylvolle restaurant of buite by die swembad genuttig word. 'n Unieke spyskaart bied 'n verskeidenheid Suid-Afrikaanse en internasionale disse.

Die goed versorgde tuine met sierfonteine en 'n sprankelende swembad met gemaklike sitplek bied 'n plek waar gaste buite kan ontspan.

Hole in One wil altyd hulle gaste spesiaal laat voel, aandag gee aan detail en persoonlike diens lewer. Die konferensiegeriewe maak voorsiening vir elke behoefte en maak enige geleentheid aangenaam en onvergeetlik. Hole in One spog met 'n nuwe kapel waar pragtige herinneringe geskep word tydens spesiale seremonies soos troues en doopplegtighede. Die konferensiegeriewe is geskik vir klein vergaderings van 2 tot 3 mense of vir groot konferensies van tot 100 mense.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
24-uur-ontvangs

Resensies

3.7/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Goed

Netheid
3.5
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.3
Diens
3.7
Veiligheid
4.1
Gaste se hoogtepunte
Anel P
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend! Baie skoon, netjies, baie gerieflike beddens, baie vriendelike personeel, uitstekende ontbyt! Beveel definitief aan.
Mrt 2025
Mimi L
5.0
Uitstekende diens; fantastiese linne! Heerlik gebly! Ons het 65e verjaarsdag gevier en 'n naweek daarvan gemaak. Goeie diens en restaurant maak dit id...
Sien meer
Feb 2025
Liela M
Saam met vriende
5.0
Lieflike perseel. Eienaar het ons dadelik gehelp met meer gepaste kamers. Was 'n vriendelike man wat uit sy pad gegaan het om ons tegemoet te kom.
Jul 2024
Jonathan S
Saam met vriende
5.0
Neat and comfortable. Comfortable and nice.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Anne-marie S
Saam met lewensmaat
5.0
Alles was baie aangenaam en die staf was wonderlik. Ons het baie gerieflik gebly. Sou langer wou bly.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.7/5

Marlize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 171 Hole in One Avenue, Ruimsig, Gauteng, 1724, Gauteng
  • Gaste dink Hole in One Boutique Hotel het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 898
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 898
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 898
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 171 Hole in One Avenue, Ruimsig, Gauteng, 1724, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAs0UNQruy6COZvoy8uT4bdUgOI0M1B5Gnt9Og1oWVOi9VaiyAme?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 898 per nag, vir 2 mense 41 5 1 4 171 Hole in One Avenue Ruimsig 1724 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.078605375575 27.861591087846

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang