Successfully reported
+34

Home on a Hill

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 9 Bosveld Lane, Lushof, Tzaneen, 0850, Limpopo
  • Vanaf R2 320 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Home on a Hill bied gerieflike verblyf op 'n plaas in Tzaneen. Hierdie eenheid is ideaal vir diegene wat in die natuur wil ontspan of wil oorbly op pad na die Krugerwildtuin.

Dié selfsorgkothuis het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, 'n lugversorger, staanwaaier, spieëltafel en 'n kluis. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens en 'n spieëltafel. Die badkamer is toegerus met 'n bad, stort en wasbak en 'n aparte privaat toilet. Handdoeke en linne word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, gasstoof, oond, broodrooster, eetgerei en breekware, en oorgenoeg pakplek. 'n Wasmasjien, tuimeldroër en stryktoerusting is beskikbaar vir gaste. Die sitkamer is ingerig met gemaklike rusbanke en 'n TV met stromingsdienste. Daar is 'n tussenvertrek wat gemeubileer is met 'n etenstafel, 'n lugversorger en 'n aangewese werkspasie. Toegang tot gratis WiFi is ook beskikbaar.

Home on a Hill is van die netwerk af en maak gebruik van sonkrag. Op hierdie eiendom het gaste toegang tot braaigeriewe, veilige parkeerplek en die welige tuin. Hierdie eenheid is naby winkels, restaurante en plaaslike besienswaardighede en doendinge.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Janeske T
Saam met vriende
5.0
Prefekte huis. Ek sal met liefde hierdie plek aanbeveel. Ons het so lekker gebly en het nooit onveilig gevoel nie. Dit het gevoel soos 'n vakansiehuis...
Sien meer
Sep 2025
Hannele C
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklik. Gasvry en behulpsaam. Huisie was skoon en netjies met alles wat ons nodig gehad het.
Jun 2025
Bill S
Saam met lewensmaat
5.0
Homely, spacious, private, accommodating posts. Nice location, safe. Private garden and parking. Spacious unit. Personal touch, attenti...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Barry S
Saam met vriende
5.0
In a word, superb! Our stay was fantastic. We could not have asked for more. Our hosts were brilliant and very attentive. The fully fun...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Yolandie P
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker, sal vir seker weer gaan. Baie lekker gebly. Die klein bederfies orals maak dit ekstra lekker.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Brylene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 9 Bosveld Lane, Lushof, Tzaneen, 0850, Limpopo
  • Gaste dink Home on a Hill het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 320
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 320
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 2 320
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 9 Bosveld Lane, Lushof, Tzaneen, 0850, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2959565d828e7ee7940751a708ddf265b4289b8d571b29638e3dc8a0a8ae7d1ad758ef73fe5dd311581c27a6148ea26cd75a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 320 per nag, vir 4 mense 13 5 1 5 9 Bosveld Lane Lushof 0850 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -23.811522596907 30.189400319782
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang