House Hibiscus
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 35 Jan Van Riebeeck Street, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
House Hibiscus is in 'n bewarea in die kusdorpie Sedgefield op die Tuinroete geleë. Dié huis is naby die Swartvlei-riviermonding en die strand.
Verblyf word aangebied in 2 privaat selfsorg-eenhede op die eienaar se perseel. Trappe lei na die eerste eenheid op die boonste verdieping. Dié eenheid bestaan uit 2 slaapkamers, elk met eie badkamer. 'n oopplan-leefarea en -kombuisie, en 'n balkon. Daar is ook 'n gasbraaier, nuwe buitebraai, 'n TV met die volle DStv-pakket, en parkeerplek vir 1 voertuig in 'n toesluitmotorhuis.
Die tweede eenheid is op die grondvloer en bestaan uit 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n leefarea en 'n kombuisie. Die eenheid het ook 'n braai-area, 'n TV met DStv en veilige onderdak parkeerplek op die perseel.
Hierdie huis het sonpanele en 'n batterysisteem om die effek van beurtkrag te versag.
Ekstra geriewe sluit gratis WiFi en parkeerplek vir 'n klein sleepwaentjie in.
Die omgewing bied talle aktiwiteite wat gaste op die proef kan stel, soos swem, visvang, valskermsweef, voetslaan, bergfietsry en vlieërbranderry.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Dalien Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 35 Jan Van Riebeeck Street, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Gaste dink House Hibiscus het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 35 Jan Van Riebeeck Street, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang