Successfully reported
+30

House No.1

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cloete Street, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 070 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

House No.1 bied gerieflike verblyf in 'n opgeknapte Karoohuis en 'n knus tuinkothuis in die hartjie van die dorpie Nieu-Bethesda. Die eiendom grens aan 'n uitstekende boekwinkel en is net 'n kort entjie se stap vanaf The Owl House en ander besienswaardighede in die dorpie.

Dié selfsorghuis bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-stort en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofbadkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en bidet. Die huis beskik ook oor 'n kombuis en 'n sitkamer met 'n kaggel wat na die agterstoep en binnehof oopmaak. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, 'n oond en stoof, en 'n mikrogolfoond en spog met 'n lang tafel om familie-aandetes rondom te geniet. Die huis is smaakvol gemeubileer en versier met Bethesda-geïnspireerde kunswerke.

The Snug Cottage het slaapplek vir 3 gaste in 1 slaapkamer met 3 enkelbeddens. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die knus kothuis beskik ook oor 'n oopplan-kombuisie en -sitarea. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Die tuinkothuis deel 'n binnehof met die hoofhuis, en gaste het toegang tot veilige parkeerplek.

Die ligging bied maklike toegang tot restaurante en galerye in die dorpie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Lydia R
Saam met vriende
5.0
A real find! What a lovely home! We will definitely book again. Everything was tasteful and exactly what was needed, from the country k...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Deidre V
Saam met vriende
5.0
Enjoyable. Lovely cottage, ideal for an overnight or a weekend stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Judith S
Saam met lewensmaat
5.0
Great! This is a repeat visit. This is a lovely house, and a great place to stay in Nieu Bethesda.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Linda V
5.0
Heerlik rustig. Baie, baie lekker. Die kamers is groot en ruim. Badkamers pragtig en funksioneel. Lekker in die kombuis gekuier en baie familie oorgen...
Sien meer
Mrt 2025
Bea V
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige kuns, netjies, rustig. Ongelooflike mooi plek in die hartjie van die dorp, het dit baie geniet.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Ian Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 334

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Cloete Street, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Gaste dink House No.1 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 070
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 070
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 070
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cloete Street, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAca4e6eee05e9ccadbda6fea5258714701bff71e12855667238883a80b1bd460fa65c74f99d1b3c32672e16d2891fb5980cc2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 070 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 Cloete Street Nieu-Bethesda 6286 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.866561565678 24.555379177152

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang