Successfully reported
+54

IdylWilde

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 354 Krantz Lane, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

IdylWilde bied topselfsorgverblyf in 'n doodloopstraat met uitsigte oor die Wildernis Strand, Indiese Oseaan en die Wildernis Strandmeer. Wildernis is 'n prentjiemooi basis om die Tuinroete te verken met Knysna, Plettenbergbaai, Oudtshoorn en Mosselbaai net 'n uur se ry van die verblyf af.

Stylvolle verblyf is beskikbaar in 3 suites wat ideaal is vir romantiese wegbreke, seevakansies of sakereise. Die suites is op die eerste verdieping en front na die see. Die name van die suites is die Shell, Seagull en Whale.

Elke suite het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet, dubbelwasbak, spieëltafel, toiletware, haardroër, slippers en badkamerjaponne. Verder het elke suite 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, tweeplaat-induksiestoof, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die suites lei na 'n privaat balkon met 'n Weber-gasbraai. Ander geriewe sluit lugversorging, digte gordyne, kluis, internasionale kragproppe, USB-kragproppe, gratis WiFi en 'n platskerm-TV met DStv in. 'n Strandsambreel, stoele en koelerboks word voorsien. Strandhanddoeke is op versoek beskikbaar en die kamers word daagliks skoongemaak.

Veilige parkeerplek word vir 1 voertuig per suite op die perseel voorsien. Die Seagull en Whale Suites gebruik die hoofingang wat met 'n pinkode werk. Die Shell Suite het 'n privaat ingang. Die Whale Suite kan saam met die Shell of Seagull Suite bespreek word vir groter groepe.

Wilderness se strand en dorp is stapafstand van die suites af. Gaste kan die sonsondergang op die balkon geniet, op die Weber braai of na die verskeie restaurante toe stap wat binne 200 m van die suites af is.

Mark en Glenda is die gashere en sal verseker dat gaste welkom voel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Glenda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 354 Krantz Lane, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink IdylWilde het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 500
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 2 500
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 354 Krantz Lane, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA69ce3420554a1dd70549c7c3a5672120d8110da79cad5259496158feea75674de4914c3727870adeef31b3906b1be486c161?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 2) 3 5 1 5 354 Krantz Lane Wilderness 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.992268165272 22.578553268071
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang