Impala Chalets - Phalaborwa
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 4 Karee Street, Phalaborwa, 1389, Limpopo
- Vanaf R950 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Impala Chalets - Phalaborwa bied gaste gerieflik gemeubileerde chalets met slaapplek vir tussen 2 tot 5 mense, en is binne 'n kort entjie se ry vanaf verskeie restaurante en winkels.
Dit bied 4 chalets, al die chalets het lugversorging en hulle is ingerig met enkelbeddens. Elkeen van die chalets het ook 'n privaat badkamer met 'n stort.
Elkeen van die chalets het ook 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n TV met beperkte kanale is ook in elke eenheid beskikbaar.
Die chalets het 'n privaat ingang en patio met braaigeriewe, en hulle word daagliks skoongemaak. Handdoeke en seep word voorsien. Kredietkaartfasiliteite is beskikbaar.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Daar is genoeg parkeerplek vir karavane.
Impala Chalets - Phalaborwa is binne 1 km se ry vanaf Phalaborwa Mall geleë wat verskeie winkels en restaurante bied. Phalaborwa bied 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge soos die Foskor Myn en Masorini Village Museum en The Amarula Lapa waar besoekers oor die bekende Amarula-drankie kan leer en aandenkings kan koop. Verskeie 4x4-roetes kan ook in die omgewing gevind word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Magda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 178
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 4 Karee Street, Phalaborwa, 1389, Limpopo
- Gaste dink Impala Chalets - Phalaborwa het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 4 Karee Street, Phalaborwa, 1389, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang