Successfully reported
+64

Impala Chalets - Phalaborwa

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 4 Karee Street, Phalaborwa, 1389, Limpopo
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Impala Chalets - Phalaborwa bied gaste gerieflik gemeubileerde chalets met slaapplek vir tussen 2 tot 5 mense, en is binne 'n kort entjie se ry vanaf verskeie restaurante en winkels.

Dit bied 4 chalets, al die chalets het lugversorging en hulle is ingerig met enkelbeddens. Elkeen van die chalets het ook 'n privaat badkamer met 'n stort.

Elkeen van die chalets het ook 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n TV met beperkte kanale is ook in elke eenheid beskikbaar.

Die chalets het 'n privaat ingang en patio met braaigeriewe, en hulle word daagliks skoongemaak. Handdoeke en seep word voorsien. Kredietkaartfasiliteite is beskikbaar.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Daar is genoeg parkeerplek vir karavane.

Impala Chalets - Phalaborwa is binne 1 km se ry vanaf Phalaborwa Mall geleë wat verskeie winkels en restaurante bied. Phalaborwa bied 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge soos die Foskor Myn en Masorini Village Museum en The Amarula Lapa waar besoekers oor die bekende Amarula-drankie kan leer en aandenkings kan koop. Verskeie 4x4-roetes kan ook in die omgewing gevind word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 178 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Lizelle K
Gesin met tieners
5.0
Heerlik, sal beslis weer gebruik. Netjiese skoon plekkie met alles wat nodig is. Aangename eienaars.
Okt 2025
Berendina E
Saam met lewensmaat
5.0
Ons was op pad wildtuin toe en dit is die perfekte plek vir oorslaapdoeleindes. Ons het heerlik gebly. Die beddens was baie gemaklik.
Aug 2025
Estie K
Gesin met tieners
5.0
Clean, comfortable. The owners were incredibly helpful and friendly! We had the most outstanding stay, the rooms were clean and the bed...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Aletta V
Saam met vriende
5.0
Dankie vir uitstekende en veilige oornagverblyf. Baie netjies en skoon. Alles wat mens nodig het en goeie vriendelike diens.
Jul 2025
Charl O
Gesin met klein kinders
5.0
Goed. Perfekte plek vir 'n vinnige oornag net voor ons in die wildtuin ingegaan het.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Magda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 178

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 4 Karee Street, Phalaborwa, 1389, Limpopo
  • Gaste dink Impala Chalets - Phalaborwa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 3)
Bespreek
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 4 Karee Street, Phalaborwa, 1389, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ3OThjMjNkLWFjYzEtNDUzYS05ZjFlLWU3NmRmYjIzYmU0Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 3) 178 5 1 5 4 Karee Street Phalaborwa 1389 Limpopo 021 201 8901 14:00-21:00 09:00 -23.950934389325 31.146361148403
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang