Successfully reported
+31

Inglenook Farmhouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 24 Jacobskraal, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R8 000 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Inglenook Farmhouse bied absolute privaatheid in 'n moderne selfsorgplaashuis omring deur 10 hektaar fynbos. Dit is net 45 minute se ry van Kaapstad af en 10 minute se ry van die bekende Sestienmylstrand af. Dit is die ideale verblyf vir 'n groot gesin of 'n groep vriende.

Die huis self is omring deur fynbos en ander inheemse flora en fauna en is op 'n produserende plaas geleë. Inglenook Farmhouse het slaapplek vir 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers waarvan 4 op die onderste verdieping is. Die boonste slaapkamer is oopplan en het sy eie badkamer.

Twee van die 4 slaapkamers op die onderste verdeiping het en suite-badkamers met 'n toilet, stort en 'n wasbak. Die ander 2 kamers se gaste deel 'n groot badkamer met 'n toilet, stort, bad en 'n dubbelwasbakeenheid. Elke kamer is ruim en het 'n dubbelbed. Daar is ook 'n ekstra stort en badkamer vir gaste om te gebruik. Elke slaapkamer het 'n kaggel en bied toegang tot 'n stoep. Die onderste slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, stort, bad en dubbelwasbakeenheid.

Daar is 'n oopplan-leefarea, -kombuis en kuierarea onder wat na die swembad en kuierarea buite lei. Die kombuis is volledig toegerus met breekware, eetgerei, kooktoebehore, gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, koffiemasjien en wynyskas. Daar is 'n aparte stoorkamer langsaan die kombuis met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Skuifdeure lei na 'n oop area wat perfek is vir warm somersdae.

Die swembadarea spog met sonbeddens en sonstoele en 'n braai-area. Daar is ook 'n badkamer/aantrekkamer, buitestort en sauna! Verder is daar 2 vuurputte vir laataandkuiers, een voor die swembad en een verder van die huis af vir diegene wat wil sterrekyk. 'n Tafel en stoele vir al fresco-etes is ook beskikbaar. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Floris Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Portion 24 Jacobskraal, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Inglenook Farmhouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 8 000
per nag (plek vir 12)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 8 000
per nag (plek vir 12)
Vanaf
R 8 000
per nag (plek vir 12)
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 24 Jacobskraal, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb29c3e4a9cc3f16c7f2af2f2a61927db9f716362c2aa89f7cdb6dad689cec793470c3469050e5ffc79819d793ac488c5236d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 000 per nag (plek vir 12) 1 5 1 5 Portion 24 Jacobskraal Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.332599 18.224505
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang