Successfully reported
+47

Itaga Luxury Private Game Lodge

Wildsplaas
Weeksdagaanbod 20% af

Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 27 Apr 2025 tot 30 Nov 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Mabalingwe Nature Reserve, Bele Bela, Mabalingwe, 0480, Limpopo
  • Vanaf R7 140 R5 712 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Itaga Luxury Private Game Lodge is in die Mabalingwe Natuurreservaat op 'n 12 000 hektaar-wildreservaat. Die reservaat is malaria-vry en spog met die Groot 5.

Hier is 8 luukse chalets met 'n Afrika-styl. Die Standaard-chalets het elk 'n dubbelbed en 'n bad of stort en die Superior Kamers het elk 'n dubbelbed, tee- en koffiemaakgeriewe, spesiale badkamergeriewe, japonne en pantoffels.

Elke kamer het 'n privaat stoep wat met 'n pergola bedek is en die meeste kamers het privaat, woud-buitestorte.

Itaga Lodge spog met olifante, luiperds, renosters, seekoeie, buffels, kameelperde, sebras, wildebeeste, hiënas, vlakvarke en 'n verskeidenheid bokke en voëls. Gaste kan 'n vroegoggend- of middagwildrit geniet in 'n oop 4x4-voertuig, met individuele, gerieflike sitplekke, en 'n ervare spoorsnyer.

Die grasdak wat die kern van die hooflodge is, het 'n romantiese eetarea, 'n knus leefarea met 'n kaggel en 'n mengeldrankiekroeg met 'n uitkykdek wat 'n uitsig oor die verligte watergat bied. Daar is ook 'n bosboma en 'n verversingsstasie wat die heel dag oop is en spog met gratis tee en koffie. Verder is daar 'n solderleefarea en -biblioteek met DStv en gaste kan 'n draai maak by die geskenk-, handwerk- en modeboetiek. Die swembad-area met Martini-sitplekke op 'n groot sondek met 'n watergat-uitsig is ook 'n lekker area om in te ontspan.

Vir gaste se veiligheid en vir die beskerming van maroelabome is die area rondom die kamp omhein met 'n elektriese wildheining. Die lodge het ook gerieflike binne- en buite-konferensiegeriewe wat tot 16 afgevaardigdes kan akkommodeer.

Itaga het 'n volle personeelspan wat skoonmakers, gidse, gashere en sjefs insluit om in gaste se elke behoefte te voorsien.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Sunnet B
Saam met lewensmaat
5.0
Besonderse wegbreek. Ons het dit vreeslik geniet, Gretha en haar span is wonderlik. Hulle kos is uit die boonste rakke.
Sep 2025
Chris G
Saam met lewensmaat
5.0
Itaga sal jou beslis nie teleurstel nie. Verblyf en etes van die beste gehalte. Ons verblyf was uitstekend, met personeel wat heeltyd bedag is oor jou...
Sien meer
Sep 2025
Paula P
Saam met lewensmaat
5.0
Nature and comfort all in one. Comfortable and peaceful. Food was absolutely amazing. Enjoyed doing the self game drives as well as the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Swannie S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend, diens en kos was uit die boonste rakke. Uitstekend, diens en kos uit die boeke!
Sep 2024
Anja E
5.0
Ongelooflik, fantasties waarde vir geld. Where to start: Food - excellent. Safety - 5 star. Service - exceptional. Itaga is really a hi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gretha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Mabalingwe Nature Reserve, Bele Bela, Mabalingwe, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Itaga Luxury Private Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 140
R 7 140 R 5 712
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R7 140
R 7 140 R 5 712
per nag, vir 2 mense
Vanaf R7 140
R 7 140 R 5 712
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Mabalingwe Nature Reserve, Bele Bela, Mabalingwe, 0480, Limpopo
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY4YzJmZjAxLTQyOTQtNGFmNi05YjU4LTU2YThhZDk5MmYwZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R7 140 nouVanaf R5 712 per nag, vir 2 mense 25 5 1 5 Mabalingwe Nature Reserve Bele Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.84192131543 28.048699200154
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang