Ithaca 13
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2025 tot 30 Nov 2025.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 1 St Patrick Street, Manaba, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R720R648 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Ithaca 13 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Margate. Die kompleks is naby Lucien-strand en ander besienswaardighede in die area.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die slaapkamerarea is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer is toegerus met 2 enkelbeddens, en het toegang tot die tweede badkamer, wat ook 'n stort het.
Die oopplan-kombuis het 'n yskas, 'n mikrogolfoond en 'n oond met 'n stoof. Die aangrensende sitkamer het 'n TV met 'n OpenView-dekodeerder. Indien jy DStv verkies, bring asseblief jou eie dekodeerder saam (geen Explora).
Die sitkamer maak oop op 'n balkon wat 'n ingeboude braai-area het vir gaste om te gebruik. Die kompleks spog ook met 'n gemeenskaplike swembad, braai-areas, en daar is veilige onderdakparkeerplek beskikbaar. Neem asseblief kennis dat die lugversorging in hierdie woonstel nie werk nie.
Boonop is die kompleks naby restaurante, 'n Spar-supermark en 'n entjie se ry vanaf ander besienswaardighede in die area.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
David Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 416
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 1 St Patrick Street, Manaba, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ithaca 13 het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 1 St Patrick Street, Manaba, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang