IZapa Bush and Game Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 22 Bokenhoustkloof, Moloto Road, 25 km from Cullinan, 0102, Gauteng
- Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
iZapa Bush and Game Lodge skuil in die Bobbejaansberge, net 98 km van Johannesburg af. Dié lodge is in 'n 1000 hektaar-wildreservaat met bosveld en 'n oorvloed wild en voëls.
Die omgewing is malariavry, maar dit beteken nie dis mak nie. Kameelperde, bokke en bobbejane loop vry rond en wei dikwels tussen die chalets. Miskien sien jy selfs 'n skugter luiperd op een van die heuwels bokant die kamp. Snags hoor mens die jakkalse tjank.
Maar bowenal is dit die doodse stilte wat die meeste tyd hier heers, wat besoekers noop om terug te keer. Ontspan heerlik op 'n sonstoel in die riviersand by die swembad, wandel deur die bosse, of sit rustig in jou chalet en luister na die getjilp van meer as 150 voëlspesies.
Verblyf is beskikbaar in 9 privaat chalets wat elk 'n luukse badkamer en buitestort het. Elke chalet het slaapplek vir 2 gaste, 'n buite-sitarea, stoep, TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe.
Elegante etes word op versoek voorberei deur die personeel. Gaste kan heerlik ontspan in die gemeenskaplike sit- en kroegarea en by die swembad.
Beleef die bosveld te voet, vanuit 'n spesiale wilkykvoertuig of van jou privaat patio af. Begeleide wildritte en gekwalifiseerde veldgidse is beskikbaar.
Dié lodge is ook 'n fantastiese konferensie-venue. Ons raadsaal is toegerus met lugversorging en sitplek vir 25 afgevaardigdes.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Georgina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 53
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Farm 22 Bokenhoustkloof, Moloto Road, 25 km from Cullinan, 0102, Gauteng
- Gaste dink IZapa Bush and Game Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 22 Bokenhoustkloof, Moloto Road, 25 km from Cullinan, 0102, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang