Successfully reported
+44

Jack's Place

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhenosterfontein Farm, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Jack's Place is 'n opgeknapte plaashuis naby Bredasdorp in die lieflike Overbergstreek. Die huis is in 'n omheinde kamp geleë waar elande, springbokke en sebras wei.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 ruim slaapkamers waarvan die eerste een 'n dubbelbed en die ander 2 elk 2 enkelbeddens het. Twee ekstra gaste kan op die slaapbank in die sitarea slaap. Die huis het 2 badkamers, een met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet en die ander een met 'n stort, wasbak en 'n aparte toilet.

Op die voorstoep is daar braaigeriewe en 'n asemrowende uitsig. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die sitarea is die perfekte plek om met 'n boek te ontspan of 'n program op die TV met DStv te kyk.

Voertuie kan in die huis se oop motorhuis parkeer.

Bergfietsryers kan die sirkelroete van ongeveer 15 km aandurf, voëlkykers kan tot 75 voëlspesies, insluitend die visarend, gewaar en die kinders kan in die rivier swem, tjoepry en met 'n kano vaar. Die huis is net 9 km vanaf Bredasdorp en dié dorp spog met uitstekende restaurante en 'n rits winkels vir gaste om te besoek. Maak gerus 'n draai Kapula Candles, Julians Restaurant, Bredasdorp Square en die Lifestyle Centre. Jack's Place is ook net 45 km vanaf die De Hoop Natuurreservaat en die pragtige kusdorpie Arniston is net om die draai.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Badkamer

Stort

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Zeláni B
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, goeie verandering van ons normale besige lewe. Ons het baie lekker gebly.
Sep 2025
Wilmar V
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker rustig op die plaas met genoeg aktiwiteite. Baie lekker gebly by Jack's Place met die goed toegeruste huis en rustige omgewing. Naby genoeg aan...
Sien meer
Mei 2025
Stephen B
Besigheidsreis
5.0
Piece of heaven on earth. First time stay and don't know the area. Seems a bit of a way out of the areas where I do business but only a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Dominique G
Saam met vriende
5.0
Ongelooflike uitkyk oggende op die stoep. Dit was 'n wonderlike tyd. Die plek gee daardie vrede wat jy nodig het uit die dorp se gewoel. Ek sal defini...
Sien meer
Des 2024
Ellouise O
Besigheidsreis
5.0
Pragtig met goeie ligging. Ons mense het die rustigheid baie geniet.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Cecilia Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 178

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Rhenosterfontein Farm, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jack's Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhenosterfontein Farm, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA65c30b42de9aa0275672579113870d3181661cae58874fcfb9440df2de7223b7a802624cbd1ac561a8dd5322232af4313fc1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8) 49 5 1 5 Rhenosterfontein Farm Bredasdorp 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.495628158228 20.120298564434
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang