Successfully reported
+58

Hermanus Champagne Accommodation

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 213 Main Road, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hermanus Champagne Accommodation is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gemalike oornagplek naby besienswaardighede op die Suidkus-walvisroete.

Verblyf bestaan uit 6 kamers wat uniek en stylvol versier is. Die verblyf is net 'n paar minute se stap vanaf die middedorp van Hermanus met manjifieke kranswandelpaadjies. Die gastehuis bied gerieflike en suite-kamers en 'n gemeenskaplike selfsorgkombuis, eetkamer, leefarea, buitestoep en dek. Veilige parkeerplek vir 1 voertuig per kamers is beskikbaar.

Gratis WiFi is beskikbaar en daar is 'n 10 KW-omsetter wat verseker dat die gastehuis nie deur beurtkrag geraak word nie. Gratis, privaat parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Elke kamer het 'n TV met 'n TV-stroomboks en gaste kan met hul eie besonderhede op die toepe inteken. Die leefarea het 'n slim-TV met die volle DStv-pakket. Elkeen van die ses kamers het 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort en toiletware.

Gaste kan selfinklok met sleutelboksies by die ingangsdeure en deur die hek te bel met aankoms.

Hermanus is 'n gewilde vakansiedorp op die suidelike kus van die Wes-Kaap. Dit is wêreldbekend vir fantastiese walviskykgeleenthede van beide die kus en bote af. Hermanus spog ook met verskeie strande. Grotto-strand is die grootste en het Blouvlagstatus. Ander strande sluit Voëlklip, Kommabaai, Sandbaai en Langbaai in. Gaste kan enige van die verskeie kuns- en kunsvlytmarkies in en om die dorp besoek van Lemm's Hoekmark tot die Kos- en Wynmark en die Hermanus Country Market. Alhoewel Hermanus 'n beroemde toeriste-aantrekking geword het, het dit tog sy vissersdorpie-bekoorlikheid behou.

Toeriste-aantrekkings om na uit te sien sluit die volgende in: walviskyk in seisoen, die Vuurtoring na Vuurtoring Offisiële Staptog, die Overstrand Seefees, die Kalfiefees in Augustus, die Walvisfees in Oktober, die Fernkloof Fynbosfees en die Wines2Whales Switchback Fees. Aktiwiteite in die omgewing sluit swem, visvang, wynproe, wynplase, voëlkyk, fietsry, stap, voetslaan en sterrekyk in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Anthony M
Saam met lewensmaat
5.0
Tranquility and stylish. Beautiful accommodation. Quiet even if it's situated on the main road.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Christo D
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Baie lekker gebly. Hoogs aan te beveel.
Jul 2025
Shane T
5.0
Enjoyable. Enjoyable and comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Christie D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker! Ons het baie lekker gebly. Baie oulike plek!
Jun 2025
Karin S
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek! Perfekte ligging! The attention to detail and decor were absolutely perfect! It would be better if the 2 parking bays at...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Ansie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 213 Main Road, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hermanus Champagne Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 213 Main Road, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3a0a4f5a61c39904c7db9bdb718530298221ef8befd5cb7f2e3d0296641280df2f8b81560db43dff93c0a34fe2ddc55dbb0c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 42 5 1 5 213 Main Road Eastcliff 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.414356 19.246963
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang