Jan Hoppie
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portion 10 of the Angora Farm, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Jan Hoppie is in Bonnievale geleë en bied verblyf in 'n rustieke, dog gerieflike plaaskothuis in 'n stil omgewing met 'n uitsig oor die wingerd en die Breederiviervallei. Die kothuis is na 'n werker vernoem wat opgedaag het en 'n plaaslike legende geword het.
Die kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en toegang tot die eerste badkamer met 'n Victoriaanse bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n aparte ingang op die voorstoep, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Dié slaapkamer het ook tee- en koffiemaakgeriewe.
Daar is 'n enkelbed vir 'n vyfde gas in die oopplan-leefarea. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatgasstoof, ketel, eetgerei, breekware en kookgerei toegerus. Die leefarea het ook 'n kaggel.
Die kothuis is met interessante artefakte versier, soos 'n oorspronklike skoenmakerstafel waarop gaste die braaigoed kan uitpak, ou parafienlampe, plaastoerusting, Victoriaanse krane en 'n staldeur vir 'n voordeur. Die lieflike voorstoep bied 'n prentjiemooi uitsig oor die vallei en die rivier is sowat 950 m van die kothuis af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Thys Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Portion 10 of the Angora Farm, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
- Gaste dink Jan Hoppie het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portion 10 of the Angora Farm, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang