Successfully reported
+47

Jasmyn en Protea Kothuise

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 7 Western Street, Dormehls Drift, George, 6529, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Jasmyn en Protea is privaat kothuise, baie sentraal geleë in 'n stil, boomryke buurt van George. Dit grens aan 'n groenbelt waar gaste tarentale, fisante en vleiloeries sal teëkom, met onbelemmerde uitsig oor die Outeniekwaberge.

Jasmyn Kothuis is eenslaapkamerwoonstel het 'n en suite-slaapkamer met 'n aparte, baie ruim leefarea en kombuisie. Die kothuis is nuut en modern gemeubileer en is ten volle toegerus vir luukse selfsorgverblyf. Dit het 'n aparte ingang en bied slaapplek aan 3-4 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n baie gemaklike slaapbank vir kinders in die leefarea.

Die ruim leefarea bied 'n volledig toegeruste kombuisie met ontbyttoonbank, groot ys- en vrieskas, mikrogolfoond, oondjie, koffiefilter en 'n broodrooster. Die leefarea bied 'n 49'' slim-TV met volle DSTV en selfs 'n kaggel met lekker droë hout vir winteraande - dis altans rooiwynwêreld dié!

Protea Kothuis het 'n aparte ingang en slaapplek vir 1 tot 2 gaste. Die en suite-slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, ruim poeier-area, en 'n slim-TV met DSTV. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel. Daar is ook 'n ontbytarea. Die buite stoep-leefarea is perfek vir braai of net 'n kuier met 'n vuurtjie en glasie wyn langs die swembad. Neem kennis dat die swembad nie toegemaak is nie.

Veilige parkeerplek en WiFi is gratis en daar is braaigeriewe buite.

Beide Kothuise is onder direkte eienaarsbestuur. Dit is net 9,7 km van George se lughawe af en 'n pendeldiens kan gereël word. Ons is omring met die mooiste gholfbane in die Tuinroete – Kingswood (3,1 km), George se gholfbaan (3,3 km), die bane van Fancourt – Outeniqua, Montague en die Links (7,8 km) en Oubaai is ook om die draai (11,9 km). Die strande van Victoriabaai en Heroldsbaai is onderskeidelik oos en wes van George geleë en albei is minder as 12 km van die kothuise af!

Die kothuise is ook ideaal geleë vir diegene wat een van George se hospitale kom besoek – George MediClinic, Geneva-kliniek en George se hospitaal is al drie minder as 2 km weg.

Ons omgewing bied woude, riviere, berge, strande, watervalle en rivierpoele. Hier is lieflike bergfiets- en voetslaanroetes en die pragtige Tuinroete Nasionale Park is minder as 20 km weg. Die eienaars is natuur- en reis liefhebbers en kan gaste inlig rakende al die versteekte juwele van die groter area, insluitende: Wildernis, Knysna, Die Eiland, Mosselbaai, Oudtshoorn en Calitzdorp! Daar kan selfs dag- en half-daguitstappies gereël word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 66 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Ian P
Saam met lewensmaat
5.0
We'd go back here any time. It ticks all the right boxes. This place had all the positives. Great value for money. Convenient location....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Heidi D
Saam met vriende
5.0
Die kuier was net te kort, sou langer wou bly. Die verblyf was wonderlik met 'n rustige atmosfeer. Tien uit tien vir die gasvryheid, bedagsaamheid en ...
Sien meer
Aug 2025
Pam B
Gesin met tieners
5.0
A peaceful, modern and clean cottage. We had a delightful time in this cottage. The host was helpful and the cottage had all we needed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Melissa J
5.0
Special, cozy, beautiful. Stay was absolutely wonderful and beautiful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Frederika V
Gesin met tieners
5.0
Rustig, kalmerend, gasvry, alles in een. Nie vir beter gevra het nie.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Basson Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 117

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 7 Western Street, Dormehls Drift, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jasmyn en Protea Kothuise het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 700
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 700
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 7 Western Street, Dormehls Drift, George, 6529, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAC3fN0kXUYRXYRumoYA1SKCVZ22OlJ6t2y4AMLzXRUmLGjOXMK5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 66 5 1 5 7 Western Street Dormehls Drift 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 09:00 -33.96282406489 22.447554703041
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang