Jazelle Place- Unit 1
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 146 Holland Street, Polokwane, 0700, Limpopo
- Vanaf R1 400 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Jazelle Place- Unit 1, is 'n selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Polokwane. Dit kan 'n wonderlike opsie wees vir 'n gesinswegbreek, aangesien die eiendom 'n uitnodigende gemeenskaplike swembad het wat gaste op daardie warm somersdae kan geniet.
Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 'n badkamer met 'n aparte toilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die oorblywende 2 slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. 'n Bad, stort en wasbak is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Dié spasie het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Buite is daar 'n onderdakparkeerplek en gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad. Die ligging van hierdie eiendom is naby talle winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Jannie Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 58
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 146 Holland Street, Polokwane, 0700, Limpopo
- Gaste dink Jazelle Place- Unit 1 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 146 Holland Street, Polokwane, 0700, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang