JBay Views
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 27 Leadwood Street, Noorsekloof, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
JBay Views is 'n lieflike selfsorg-vakansiehuis in Noorsekloof, Jeffreysbaai. Dit is ideaal vir 'n gesin of vriende wat 'n vakansie naby die kus soek.
Dié verblyf bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en gaste deel die tweede badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, lugbraaier, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die sit- en eetarea het gemaklike sitplek en daar is ook 'n TV.
Die leefarea lei na 'n lieflike stoep wat oggend- en middagson kry. Kinders kan op die lieflike grasperk speel en daar is ook braaigeriewe aan die agterkant van die huis. Veilige parkeerplek is vir een voertuig in 'n motorhuis beskikbaar en daar is ook ekstra parkeerplek vir 'n boot. Hierdie verblyf is naby restaurante, winkels en die strand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 27 Leadwood Street, Noorsekloof, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 27 Leadwood Street, Noorsekloof, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang