JSA Studio
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Glen Drive, Verwoerdpark, Alberton, 1449, Gauteng
- Vanaf R750 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
JSA Studio is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in Verwoerdpark op dieselfde perseel waar die eienaars woon, maar dit het 'n aparte ingang. Die woonstel is ideaal vir gaste wat Alberton Netcare Hospitaal moet besoek en is naby hoofweë. Dit is net 20 minute vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe.
Dié ateljeewoonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes en 1 kind en het 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank vir 'n kind. Daar is oorgenoeg kasruimte. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n ontbythoekie met sitplek vir 2 toegerus. Dit lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die woonstel lei na 'n klein buite-area met sitplek en 'n braai-area. Veilige parkeerplek is op die perseel in 'n geslote area met 'n motorafdak agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Ettienne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 39 Glen Drive, Verwoerdpark, Alberton, 1449, Gauteng
- Gaste dink JSA Studio het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Glen Drive, Verwoerdpark, Alberton, 1449, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang