Successfully reported
+27

JSA Studio

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 39 Glen Drive, Verwoerdpark, Alberton, 1449, Gauteng
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

JSA Studio is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in Verwoerdpark op dieselfde perseel waar die eienaars woon, maar dit het 'n aparte ingang. Die woonstel is ideaal vir gaste wat Alberton Netcare Hospitaal moet besoek en is naby hoofweë. Dit is net 20 minute vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe.

Dié ateljeewoonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes en 1 kind en het 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank vir 'n kind. Daar is oorgenoeg kasruimte. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n ontbythoekie met sitplek vir 2 toegerus. Dit lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die woonstel lei na 'n klein buite-area met sitplek en 'n braai-area. Veilige parkeerplek is op die perseel in 'n geslote area met 'n motorafdak agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

3

1 x Koninggrootte-bed

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Kobus L
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig en waarde vir geld! Ek het van die 8ste tot die 11de Oktober by JSA Studio oorgebly terwyl my seun sy bokkie week vir rugby gedoen het. Die ple...
Sien meer
Okt 2025
Sonja H
Saam met vriende
5.0
Gasheer was baie hulpvaardig en die verblyf was uitstekend. Absoluut fantasties!
Jul 2025
Estie V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het baie lekker gebly en die gasheer was baie vriendelik. Ons het baie lekker gebly en die gasheer was baie vriendelik, baie skoon en netjies.
Apr 2025
Johnnie M
Gesin met tieners
5.0
Veilig, gerieflik, ruim, goed toegerus! Ons het baie lekker gebly. Die eenheid is baie goed toegerus, netjies, skoon, ruim en die kombuis het splinter...
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Ettienne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 39 Glen Drive, Verwoerdpark, Alberton, 1449, Gauteng
  • Gaste dink JSA Studio het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 3)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 39 Glen Drive, Verwoerdpark, Alberton, 1449, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfd1f524e545640f19bad1d4221875297ee3f0364126d4650c49b71ec0880b103919dc777344a73f44451fbd5d8efa13d45bb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 3) 5 5 1 5 39 Glen Drive Verwoerdpark 1449 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.2702245 28.1455309
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang