Successfully reported
+116

Kahara Maluti Lodge

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 100 Malherbe Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R5 300 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Kahara Maluti Lodge is in die ouwêreldse dorpie, Clarens. Dit is binne 400 m vanaf die dorpsplein.

Hierdie ruim huis beskik oor 4 slaapkamers en 2 van die kamers het en suite-badkamers. Die slaapkamers op die boonste verdieping deel die gebruik van ’n badkamer. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer. Die ander 2 slaapkamers het elk ’n koningingrootte-bed en deel die gebruik van ’n gastebadkamer wat ’n stort en bad het.

Die hoofslaapkamer lei na ’n groot dek en bied ’n pragtige uitsig oor die noordelike kant van Titanic-rots. Die tweede slaapkamer het ’n privaat stoep en bied toegang tot die tuin. Daar is ook ’n gastetoilet by die ingang van die huis.

Die kombuis is met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gerieflike banke, ’n oop-koolkaggel en ’n slim-TV met toegang tot Netflix en Showmax. WiFi is beskikbaar, maar gaste moet hul eie DStv-dekodeerder saambring.

Die huis het ’n alarmstelsel wat aan die beheersentrum gekoppel is. Daar is ’n groot dek wat ideaal is om op te ontspan en die pragtige uitsig op die berge en oor die tuin te geniet. Die eiendom word deur ’n 3000 m² tuin wat omhein is. Die braai-area het ’n tafel met sitplek vir 10 gaste, en daar is ligte om in die aand te braai.

Skoonmaakdienste is op versoek en teen ’n ekstra koste beskikbaar.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Sunette S
Saam met vriende
5.0
Kos vir die siel. Baie lekker gebly. Ruim huis en pragtige tuin. Baie skoon en netjies. Die groot stoep is 'n groot positief! Sal definitief weer daar...
Sien meer
Feb 2025
Ida V
5.0
Lieflik, ruim, goed toegerus, netjies. Die eenheid apart was perfek. Absoluut aan te beveel!
Sep 2024
Lud-marie N
Saam met lewensmaat
4.8
A dream getaway. Beautiful picturesque house to stay in, everything was supplied and the beds all have electric blankets for the winter...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Natasha E
Gesin met tieners
4.4
Nice winter weekend. It is a lovely property, well situated. Our highlights were the garden and the verandah. The upstairs bathroom nee...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Eugene V
4.2
Goeie uitrus, ruim huis en tuin, baie spasie vir elkeen om te ontspan. Ons tweede besoek en het weereens baie geniet. Ons het die keer vriende saamgen...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Franlize Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 236

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 100 Malherbe Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Kahara Maluti Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 300
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 300
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 5 300
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 100 Malherbe Street, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABtIteJxzEvJlvlqati3v7Mcduq0RQ1t18vdZzW6LXV3zxkh0cZ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 300 per nag, vir 8 mense 28 5 1 5 100 Malherbe Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.518536092384 28.415244107969
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang