Successfully reported
+73

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse

  • Kapasiteit: 115 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 95 Vaal Kameel Street, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Vanaf R690 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse is in Askham geleë en bied gaste ontspannende verblyf in 'n stil omgewing onder die skaduryke bome met 'n verskeidenheid voëls.

Gaste kan kies tussen 4 Camelthorn Camping-staanplekke met slaapplek vir maksimum 6 gaste en slegs 1 voertuig per staanplek. Elke staanplek het sy eie braaigeriewe, water, elektrisiteit en aangewese ablusiegeriewe. Die ekstra staanplek, nommer 5, is ook beskikbaar indien ablusiegeriewe gedeel word met vriende wat saam kamp. Elkeen van die staanplekke is in die skadu en het sy eie grasperk. Daar is 'n boma beskikbaar sodat gaste onder die Kalahari-sterre kan vuurmaak.

Die Camelthorn Gastehuis bestaan uit 2 eenhede. Albei beskik oor lugversorging en privaat en suite-badkamers met storte, wasbakke en toilette. Daar is ook 'n buitekombuis en elke eenheid het privaat braaigeriewe.

Die Gesinseenheid het 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en een met 'n driekwartbed. Daar is ook 'n ingangsportaal met 'n yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n mikrogolfoond. Hierdie eenheid het sy eie eetarea met onderdakbraaigeriewe vir beskerming teen die Kalahari-son in 'n boomryke area.

Kalahari-eenheid 2 het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 driekwartbeddens omskep kan word. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die eenheid het 'n kombuisie wat met die basiese verhit-en-eetgeriewe toegerus is, asook 'n klein eetarea. Onderdakbraaigeriewe met 'n buitekook- en opwasarea is beskikbaar. Dit word omring met skaduryke bome.

Kameeldoringhout, vuuraanstekers en ys is op die perseel te koop.

Daaglikse skoonmaakdienste is beskikbaar teen ekstra koste. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse is omhein, so kinders kan veilig hardloop en speel.

Gaste kan gaan stap of met hul eie fietse rondry. Askham het ook verskeie bergfiets- en 4x4-roetes. Die omgewing is ideaal vir sandplankry of baljaar in die Soutpan. Besienswaardighede in die omgewing sluit die Meerkat Sanctuary en 'n werkende kameelplaas in. Gaste moet vroegtydig hierdie aktiwiteite bespreek.

Askham se besigheidsarea is binne stapafstand en is oop van 08:00 tot 17:00. Die Diamond T-koffiewinkel is om die draai en bedien ontbyt, middagetes of vroëe aandetes en wegneemetes. Hierdie koffiewinkel is ook oop van 08:00 tot 17:00 en Saterdae van 09:00 tot 14:00. Sondae is hul gesluit.

Askham het 'n slaghuis met die heerlikste biltong en droëwors en 'n groot verskeidenheid vleis. Kaap Agri en KLK is naby genoeg en het vulstasies. Daar is ook 'n Trading Post-snuisterywinkel en drankwinkel in die omgewing.

Askham beskik ook oor 'n gesondheidskliniek waar 'n suster 24/7 op roep is.

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse is 180 km noord van Upington, 73 km vanaf die Kgalagadi Oorgrenspark, 83 km vanaf Rietfontein Grenspos en 15 km vanaf Bokspits, die Botswana Grenspos.

Dagbesoeke na die Kgalagadi Oorgrenspark kan ook op versoek bespreek word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Louisa C
5.0
Lekker. Ons het baie lekker gebly en die stilte geniet.
Sep 2025
Madelein S
Saam met lewensmaat
5.0
Ek en my man het vir twee dae daar oorgestaan op pad Kgalagadi toe. Baie lekker gebly. Sal beslis aanbeveel en self weer daar oornag. Ons is baie vrie...
Sien meer
Jul 2025
Corinne H
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige, intieme, netjies en skoon kampeerplekkie. Ons het heerlik gekamp. Alles was perfek skoon, netjies en veilig. Rene het elke middag ingeloer, h...
Sien meer
Apr 2025
Paula L
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend. Ons het saam ons 3 seuns oornag. Die kampgeriewe is baie netjies en mooi uiteengesit. Rene, die eienaarres, was vreeslik behulpsaam en het...
Sien meer
Jun 2024
Danie M
Saam met lewensmaat
4.8
Die gasvrou stap die ekstra myl vir haar besoekers, en dit maak die kuier heerlik. Die fasiliteit is skoon, netjies en word baie goed onderhou. Dit wa...
Sien meer
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 95 Vaal Kameel Street, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 690
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 690
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 690
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 115 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 95 Vaal Kameel Street, Askham, 8814, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA565eff3ef3063acc27ca31adbc0ff59294034b53168cd2bd2880fc7187393f27fd1f89046c3bcb63e2735eddd088c18f3b76?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R690 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 95 Vaal Kameel Street Askham 8814 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.981494314158 20.782054969575
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang