Successfully reported
+36

Kandelaars Cottage

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 12 of the farm Gamtooberg, Oudsthoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 930 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Kandelaars Cottage is 'n selfsorg-plaashuis langs die R328, sowat 10 km van Oudtshoorn af op 'n volstruisplaas. Die kothuis is net ver genoeg van die geraas om 'n plattelandse gevoel te verleen, maar naby genoeg aan besienswaardighede in die omtrek. Dit is met liefde opgeknap en die heuwels, Kandelaarsrivier en die landerye van omliggende plase dra alles by tot dié kothuis se bekoring.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met ’n stort, die tweede slaapkamer het 'n stapelbed met 'n stort in die en suite-badkamer, en die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens met 'n stort in die en suite-badkamer.

Die oopplan-kombuis is toegerus met die nodige toebehore om kos voor te berei. Die sitarea het rottangstoele en lei na 'n stoep met 'n lieflike uitsig oor die area. Aan die agterkant van die huis is 'n braai en parkeerplek is beskikbaar vir gaste se voertuie.

Natuurliefhebbers en buitelugentoesiaste kan voetslaan- en fietsroetes deur die ongerepte Karoo-landskap geniet waar voëllewe en klein bokspesies in oorvloed aangetref kan word. Die kothuis is ontwerp om deur jong en oud geniet te word, vir 'n rustige vakansie, 'n naweekwegbreek of selfs 'n vinnige oorslaap.

Natuurskoon, privaatheid en die eenvoudiger dinge in die lewe is die hart van Kandelaars Cottage en George is net so 73 km van die kothuis af.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Stapelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Heineke Z
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige atmosfeer. Ons het baie lekker gebly. Baie ruim vertrekke en lieflike skoon beddegoed en warm water. Ons was bederf met 'n broodjie. Dit was '...
Sien meer
Sep 2025
Marie-louise S
Saam met vriende
5.0
Dit is 'n plekkie wat naaste aan die huis gevoel het. Dit was heerlik! Met van die vuurtjie (hout) wat reeds gepak was met aankoms tot die heerlike va...
Sien meer
Aug 2025
Tania K
Gesin met tieners
5.0
Tranquil, relaxing, warm hospitality. Kandelaars Cottage was perfect for our short stay in Oudtshoorn. Very well positioned to take a q...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Koos G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie ontspannend. Dit was werklik gerieflik, skoon en lekker.
Mrt 2025
Susara L
5.0
Baie lekker gebly en heerlik geslaap. Baie lekker gebly! Fantastiese blyplek. Baie veilig en net 'n paar minute van Oudtshoorn. Heerlike varsgebakte b...
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Portion 12 of the farm Gamtooberg, Oudsthoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kandelaars Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 930
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 930
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 3 930
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 12 of the farm Gamtooberg, Oudsthoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAiplABmxUBZtwqJusZvFKGgADoyBHF8F7ar4WVaphOOzbro714E?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 930 per nag, vir 8 mense 37 5 1 5 Portion 12 of the farm Gamtooberg Oudsthoorn 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.690216072156 22.151936762396
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang