Successfully reported
+39

Kareelaagte Guest Farm

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 6.4 km from the N9, Kareelaagte Farm, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kareellaagte Guest Farm bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n skilderagtige plaas net langs die N9 tussen Graaff-Reinet en Middelburg. Hierdie werkende skaapplaas spog met lieflike uitsigte oor die omliggende bergreekse en is die ideale plek om van bedrywige stede te ontsnap.

Verblyf word gebied in 'n keuse tussen 2 semi-losstaande eenhede wat uitsigte oor die lusernvelde geniet. Die eerste eenheid beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer met 'n enkelbed sowel as 'n stapelbed ingerig is. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer wat toegerus is met 'n stort en wasbak. 'n Aparte toilet is beskikbaar.

Die tweede eenheid het slaapplek vir 6 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, terwyl die tweede slaapkamer 'n enkelbed sowel as 'n stapelbed het. Die gedeelde badkamer het 'n stort en wasbak, terwyl die toilet apart is.

Elke eenheid het 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatgasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en ketel. Albei eenhede maak oop op 'n stoep met ingeboude braaigeriewe en 'n buitesitarea waar gaste kan ontspan. Gaste kry toegang tot gratis WiFi en veilige parkeerplek.

Gedurende die lamseisoen, tussen Oktober en Februarie, is kinders welkom om interaksie te hê met plaasdiere soos miniatuurponies, donkies, perde en lammers.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 63 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Delia L
Gesin met klein kinders
5.0
Lovely cottage with the most beautiful view. Lovely cottage with the most beautiful sunset. The unit was warm and cosy.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Andri D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike salige plaasverblyf! Heerlike salige plaasverblyf! Sal dit beslis aanbeveel.
Mei 2025
Albert V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangename verrassing, kwaliteit verblyf. Wonderlike verblyf! Ruim, netjies, goed toegerus en alles van hoogstaande kwaliteit. By dit alles nog 'n...
Sien meer
Feb 2025
Elmarie V
Gesin met klein kinders
5.0
Awesome. Dit was wonderlik, die mooiste plek wat ek nog gesien het. Alles was perfek, skoon en baie mooi. Sal dit vir seker aanbeveel. Dis net jammer ...
Sien meer
Feb 2025
Sharne V
Gesin met klein kinders
5.0
Best. Stay. Ever! Die mooiste, rustigste plekkie. Ek sal enige tyd weer teruggaan en definitief langer bly as net een aand. Dit is stil, netjies en ba...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 63

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 6.4 km from the N9, Kareelaagte Farm, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kareelaagte Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 6.4 km from the N9, Kareelaagte Farm, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbf977b649979d1212e144ad8aaaa30efefac63ca13012df26586205f97759e36cc8755c4c06317fab0927799f2bbac6c8022?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 63 5 1 5 6.4 km from the N9 Kareelaagte Farm 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 09:00 -31.888134556557 24.713315963745

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang