Successfully reported
+183

Kettle Guest Lodge Rustenburg

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 14, Rietvlei, Kloof-Donkerhoek Road, R565, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Kettle Guest Lodge is in Rustenburg in Noordwes geleë en bied egte, ten volle gemeubileerde selfsorgverblyf. Dit is die ideale verblyf-opsies vir gesinne, vriende, sosiale groepe, enkelreisigers, paartjies, sport- of kerkgroepe, kontrakteurs en studente.

Verblyf is beskikbaar in selfsorghuise van verskillende groottes wat 1 tot 8 gaste kan akkommodeer.

Let asb. daarop dat selfs indien slegs 1 persoon bespreek, die hele eenheid aan daardie persoon behoort vir die duur van die verblyftydperk. Gaste deel nie met ander gaste nie.

Voor elke eenheid is daar 'n tafel, stoele en braaigeriewe.

Die huise is almal naby mekaar, maar steeds baie privaat en veilig. Elke huis beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, sowel as 'n slaapkamer, 'n leefarea, 'n badkamer en enige iets anders wat gaste nodig mag kry gedurende hul selfsorgvakansie. Doen asb. navraag oor 'n plastiekbasis-matrasse vir kleuters en babas.

Etes kan op versoek voorsien word aan groter groepe, soos studente of kontrakteurs wat lank oorbly.

Gaste kan uitsien na 'n ontspanne en rustige atmosfeer met groot tuine met volop voëlspesies. Op die perseel is daar ook 'n gholf-oefenbof naby die hoofhek en 'n lieflike restaurant naby die lodge.

Kettle Guest Lodge is die perfekte verblyfopsie vir besoekers aan Sun City wat net 32 km ver is. Die Pilanesberg Natuurreservaat is net 5 km verby Sun City.

Daar is 'n klein mall, Spar en ander winkelgeriewe naby.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 98 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Celize E
Saam met vriende
5.0
Lekker rustig en mooi. Ons het baie lekker gebly en die gasvrou is baie vriendelik.
Aug 2025
Colette S
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome plek wat nooit kan vergeet word nie. Hier bly jy so lekker voel soos jou eie huis. Dankie vir al julle liefde en omgee. Ek sal enige persoon a...
Sien meer
Sep 2024
Erna V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige veilige verblyf. Aangename atmosfeer met pragtige tuine en 'n rustige omgewing. Berbruf is skoon en netjies en voldoen aan al jou behoeftes.
Jan 2024
Coen S
Besigheidsreis
4.6
Baie rustige omgewing en veilig, naby aan geriewe. Skoon en netjiese fasiliteite met vriendelike gasheer en gasvrou.
Sep 2024
Lizet E
Saam met lewensmaat
4.6
Ontspanne en rustig. Ons het heerlik gebly by Kettle Guest Lodge. Die voëllewe in die groot palmbome en mooi tuin was ongelooflik. Die eienaars is bes...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Evelyn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 98

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Plot 14, Rietvlei, Kloof-Donkerhoek Road, R565, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Gaste dink Kettle Guest Lodge Rustenburg het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 14, Rietvlei, Kloof-Donkerhoek Road, R565, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUxNWMzNmNlLTI1ZDgtNDcyMS1iYzIwLTMwNTQ5YzQzNjBjZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 98 5 1 5 Plot 14, Rietvlei Kloof-Donkerhoek Road, R565 0299 Noordwes 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.648598174885 27.156411194796
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang