Successfully reported
+53

Khotso Lodge and Horse trails

  • Kapasiteit: 43 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Drakensberg Gardens Road, Underberg, Southern Drakensberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Khotso Lodge and Horse trails is op 'n werkende perd- en skaapplaas van 1300 hektaar en is aan die voorheuwels van die majestueuse Drakensberge en minute van die bekende Sanipas af geleë. Jy kan Khotso as jou basis gebruik vanwaar jy dié wêrelderfenisgebied kan verken. Ons sal jou op perdryroetes in die berge neem, of jy kan stap tot jy omkap, bergfietsry, kanovaar, visvang en swem terwyl jy deur die beeldskone omgewing omring word.

Daar is oorgenoeg akkommodasie op Khotso Adventure Farm. Of jy nou selfsorg-akkommodasie, 'n stapelbed vir rugsakreisigers, of 'n kampeerplek vir jou tent of karavaan/woonwa soek, Khotso het dit alles. Daar is genoeg ruimte en die akkommodasiegeriewe sal al jou vakansiebehoeftes bevredig.

Al ons verblyf-opsies is gerieflik uit mekaar versprei sodat ons 'n wye verskeidenheid kan bied. Vir die wat 'n gesellige en bedrywige atmosfeer verkies, is die houthut ideaal. Gesinne is welkom om rus en vrede in die rondawels te geniet en in ons bergtoevlugsoord sal jy romanse en rus vind.

Ons plaas bied 'n wye verskeidenheid pragtige perdryroetes. Moenie die geleentheid misloop om Lesotho op 'n perd se rug te verken nie op 'n 2- of 3-dag avontuur nie. Ons perdryroetes lok baie gaste, maar die hele omgewing bars uit sy nate van al die ander wonderlike aktiwiteite en besienswaardighede wat dit bied.

Ons bied ook begeleide voetslaanroetes op ons plaas en in die natuurreservate naby - almal is welkom. Gaste kry ook die unieke geleentheid om in ’n grot te oornag! Ons bied ook ’n Lesotho-voetslaanroete van meer as 1 dag wat ’n onvergeetlike ervaring verseker.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Liezel H
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasies! Pragtige plek met mooiste natuurskoon. Die perdry was vir seker 'n hoogtepunt, almal het dit baie geniet.
Jul 2025
Jose V
5.0
Homely and always fun. Unbelievable stay full of action yet always comfortable due to the hospitality of staff. Within 10 minutes of ar...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Tiaan V
Saam met lewensmaat
5.0
Kalm rustige herstel. Verskriklike goeie kampeerterrein en geriewe. Baie lekker om in die gemeenskaplike leefarea te kuier en warm by die kaggel te si...
Sien meer
Apr 2025
Hernéne D
Saam met vriende
5.0
Beste kampplek in suidelike Drakensberge. Heerlik gekamp by Khotso Lodge. Die kamparea is groot en netjies. Badkamers is mooi uitgelê en skoon, met ba...
Sien meer
Jan 2025
Chris F
Saam met lewensmaat
5.0
Baie skoon en netjies, eienaar, bestuur en werknemer is uiters professioneel. Fantasties en nogmaals fantasties.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Team Khotso Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Drakensberg Gardens Road, Underberg, Southern Drakensberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Khotso Lodge and Horse trails het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 100
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 43 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Drakensberg Gardens Road, Underberg, Southern Drakensberg, 3257, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa0782765c79582bef28f7cd8c358a2e23e440c3bee4c1743540e243bc700a91110773d3328631d80a6082c220533605ae03e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 28 5 1 5 Drakensberg Gardens Road Underberg 3257 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.745796206095 29.42631494841

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang