Successfully reported
+11

Korhaan Self-Catering Cottage

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2933 Korhaan Avenue, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Korhaan Self-Catering Cottage is in die pragtige bosveld van Marloth Park geleë, net 16 km vanaf die Krokodilbrughek na die Krugerwildtuin.

Dié ten volle gemeubileerde huis beskik oor 2 slaapkamers en 'n solderarea en daar is slaapplek vir 6 gaste. Die eerste 2 slaapkamers is op die grondvloer en het elkeen 2 enkelbeddens. Die solder het ook 2 enkelbeddens. Daar is 'n badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. 'n Tweede badkamer het ’n stort, toilet en wasbak.

Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, kisvrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n etenstafel, eetgerei en breekware.

Die ruim leefarea het gemaklike sitplek en dit bied toegang tot die stoep met braaigeriewe en 'n boma.

Die boonste verdieping is aan die buitenste houtdek met 'n loopbrug verbind en gaste kan daar sit en ontspan.

Elke kamer het 'n plafonwaaier en die 2 kamers op die grondvloer het lugversorging.

Al die vensters het diefwering en insekskerms vir ekstra sekuriteit en gerief.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Hester R
Gesin met klein kinders
5.0
Absoluut fantasties! Soos altyd, was die kuier te kort. Die huis is skoon, netjies, fantastiese ligting en perfek uitgelê. Dis baie rustig en die dier...
Sien meer
Jul 2025
Chantel G
Gesin met tieners
5.0
Rustigheid, stilte, propvol pret. Heerlike blaaskans uit die besige stad, aan die voet van die Kruger Nasionale Park.
Des 2024
Jean P
Gesin met tieners
5.0
A delightful cottage. The house was clean and had every amenity we needed. The host was very attentive.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Gert O
4.8
Uitstekende verblyf. Die verblyf was uitstekend en sal weer in die huis gaan bly.
Sep 2025
Ria V
Saam met vriende
4.8
Sal beslis weer gaan. Dis 'n baie netjiese plek wat goed toegerus is met alles wat jy kan nodig kry.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Dries Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 2933 Korhaan Avenue, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink Korhaan Self-Catering Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2933 Korhaan Avenue, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaGiMZYnRFR9htEDLS7buRadJx2uWisBsLjN4t5dPc8iXX91TPZ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6) 44 5 1 5 2933 Korhaan Avenue Marloth Park 1320 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.338411783176 31.798030436039

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang