Successfully reported
+47

Kraal African Luxury Lodge

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kraal Glamping Lodge, 34 km from Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Vanaf R7 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kraal African Luxury Lodge is 'n privaat juweel in die berge in Noordwes, 168 km vanaf Johannesburg met 'n uitsig oor die Vredefortkoepel. Dit is die ideale bestemming vir 'n wittebrood, herdenkingswegbreek of selfs 'n klein en intieme troue.

Dié lodge bied verblyf in 3 Deluxe Villas en 2 Superior Villas wat elk 'n koninggrootte-bed het en slaapplek aan 2 gaste bied. Elke villa het 'n bad in die slaapkamer en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, toilet en 'n dubbelwasbak. Daar is ook 'n buitestort.

Gaste het toegang tot 'n houtdek met 'n ongelooflike uitsig oor die omliggende wildreservaat en 'n privaat plonspoel en die Superior Villas het elkeen ook 'n verhitte Jacuzzi. Die hooflodge het 2 swembaddens.

Die tarief sluit ontbyt en aandete in. Gaste kan hierdie maaltye in die lodge se eetkamer geniet, maar diegene in die Superior Villas kan ook hul maaltye in hul eie villa geniet.

Die lodge se privaat spa bied wonderlike behandelings, 'n sauna en 'n Jacuzzi.

Gaste se voertuie word in 'n veilige motorhuis aan die onderkant van die berg geparkeer. Gaste word dan in 'n wildkykvoertuig deur die wildreservaat na die hooflodge aan die bopunt van die berg geneem.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Kagisano Forgiveness L
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. I would go to Kraal any day. I love it. The staff are very warm and welcoming. The place is so refreshing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Thandi N
Saam met lewensmaat
5.0
Great value for money. Worth every cent. The best of everything. Service was definitely 10/10. The food 10/10. Definitely a 5 star acco...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Sorien K
Saam met lewensmaat
5.0
Luukse bederf. Ons het ongelooflik lekker gerus en is vreeslik bederf!
Feb 2025
Refilwe M
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful. Everything was absolutely beautiful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Fihliwe Z
Saam met lewensmaat
5.0
Over the moon. The place looks beautiful and peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Kraal Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 52

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Kraal Glamping Lodge, 34 km from Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Gaste dink Kraal African Luxury Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 7 000
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 7 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 7 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kraal Glamping Lodge, 34 km from Potchefstroom, 2520, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA44df82e7a8b15377305a15b46dfcf4ea9a9a2538302ad483c1c2eb8f8bd0a164fca015230228cbaccb78e8990ff03e9af7a7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 000 per nag (plek vir 2) 47 5 1 5 Kraal Glamping Lodge 34 km from Potchefstroom 2520 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.89196031013 27.177128523803
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang