Successfully reported
+22

Krom Cottage and Westway Corner

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Krom Street, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Krom Cottage and Westway Corner is in die dorpie Montagu geleë, 'n klein dorpie wat in die Breederiviervallei skuil.

Verblyf word gebied in 2 elegant versierde selfsorg-eenhede wat elk 2 mense kan akkommodeer.

Krom Cottage is apart van die hoofhuis. Die kothuis het slaapplek vir tot 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n kombuis met eetarea. Die woonstel is toegerus met 'n platskerm-TV met Netflix en WiFi. Daar is ook 'n haardroër en verwarmer vir die winter. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n yskassie, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 2 mense.

Westway Corner het sy eie ingang en is aan die kant van die hoofhuis geleë. Daar is 'n buite-area onder 'n prieel met buitemeubels en braaigeriewe waar gaste kan ontspan met 'n uitsig oor die Langeberge. Westway Corner se leefarea sluit 'n moderne, goed toegeruste kombuis met 'n yskas, mikrogolf en tweeplaatstoof in. Daar is 'n gemaklike rusbank, 'n platskerm-TV met Netflix en WiFi. 'n Haardroër, waaier en verwarmer vir die winter is beskikbaar.

Komplimentêre tee, koffie, beskuit, muesli, jogurt, sap en vrugte word vir albei eenhede voorsien.

Verskeie restaurante, die Saterdagoggendmark en 'n aantal winkels, kunsgalerye en museums is alles binne stapafstand. Montagu is bekend vir sy droëvrugte, muskadel en het 3 wynkelders met proelokale.

'n Aantal staproetes begin ongeveer 350 m van die kothuis af. Dit is ook die perfekte basis vir ander doendinge in die area soos rotsklim, bergfietsry, warmwaterbronne, sterrekyk en trekkerritte. Daar is verskeie ander wynkelders in die area om ook te besoek.

’n Bykomende bonus is dat een van die gashere, Marchelle, ook ’n amptelike toergids in die dorp is met haar eie toeriste-onderneming. Sy bied begeleide, geskiedkundige toere deur Montagu aan – te voet of per fiets. Haar kunstenaarsfietse, wat ook gehuur kan word, is deur verskeie kunstenaars in die dorp geverf.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 98 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Henk T
5.0
Baie skoon en netjies. Ek sal Krom Cottage aanbeveel vir my vriende. Skoon en baie netjies. Baie gemaklik ingerig.
Okt 2025
Esme V
Saam met lewensmaat
5.0
Very enjoyable stay. Good value for money. The cottage was well equipped for our needs. It was neat and clean. The host was friendly. W...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Isobel G
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Baie lekker. Goeie linne en baie skoon en privaat. Sal weer daar gaan bly.
Aug 2025
Annelize A
5.0
Puik diens, vriendelike eienaars, netjies, beslis waarde vir geld. Ek het ’n wonderlike tyd hier gehad! Die diens was uit die boonste rakke en die eie...
Sien meer
Jul 2025
Ronel D
Saam met lewensmaat
5.0
Als was so netjies en die plekkie was baie gemaklik. Ons het baie lekker gebly! Die gasvrou was super behulpsaam en vriendelik.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Kotie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 98

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 1 Krom Street, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Krom Cottage and Westway Corner het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Krom Street, Montagu, 6720, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGbbBGx7zMOYtEhCoVymMhY7H97Li4lEcZKE3wlW7m21BsoSqqD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 98 5 1 5 1 Krom Street Montagu 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.783801609793 20.114368124639

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang