Successfully reported

Kudu Haven

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Hettie P
1 nag
5.0
Sep 2025

Heerlik uitgerus, daar was ook hout vir die braaier en boma klaar reggepak. Pragtige, veilige en rustige plek. Lekker stil op die plaas, gemaklike huis netjies en skoon. Gasvrou baie vriendelik en lekker broodjie gebak vir ons en beskuitjies. Melk, tee, koffie en suiker voorsien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerrie G
1 nag Saam met vriende
5.0
Jan 2025

Voortreflike gasvryheid. Gerieflike huisie op 'n werkende Karoo-plaas, met alles wat nodig is. Die varsgebakte broodjie en gepakte vuur was 'n bonus. Baie dankie vir 'n lekker kuiertjie op 'n sopnat stormagtige Karoo-nag.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Daniel R
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2024

Lekkerste plaasverblyf in 'n veilige omgewing. Ons het baie lekker gebly tydens ons road trip na Pretoria! Jannelie was baie gasvry en was so gaaf om vir ons die lekkerste vars brood te bak en selfs die hans kalf gebring sodat my dogtertjie die kon melk gee. Sal definitief aanbeveel en weer daar gaan kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alide S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Mei 2025

Egte Karoo ervaring. Heerlik! Kudu Haven bied 'n lieflike Karoo ervaring. Die plaas is netjies en die huis is aangenaam. Die staproetes was besonders en die swembad 'n groot plesier. Jannelie was baie behulpsaam! Ons beveel graag Kudu Haven aan vir enige gesin.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Narda P
1 nag
4.6
Jan 2025

Rustig en goed toegeruste kombuis. Baie lekker rustig. Sou graag wou gestort het. Alles in 'n enkel badkamer net bietjie ongemaklik vir 8 persone.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2024

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annecke W
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2024

Waarde vir geld. Rustige oornag blyplek as jy hou van die platteland. Lekker met klein kinders, want hulle kon buite speel terwyl ons braai. Ek sal ook aanbeveel indien jy vir 'n naweek wil wegbreek. Die elektriese kombers was 'n bonus vir die koue in die Karoo.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alma P
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Baie goed. Baie goeie oornagplek en uitstekende gasvryheid van die gasheer. Sal beslis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marlize V
1 nag Gesin met klein kinders
4.6
Des 2024

Lieflike plaas en gasvrye gasvrou en gaskinders. Heerlik rustig! Ons kon lekker ontspan.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Martin R
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Jun 2024

Alles wat ons nodig gehad het, was daar. Ons het baie lekker gebly.

Netheid
2.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jannelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
R 2 125
per nag, vir 9 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 125
per nag, vir 9 mense
Vanaf
R 2 125
per nag, vir 9 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R56, Knoffelsvlei Farm, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA84af68a955c39e0914f13d9bdc82af8f16b5834ab4a5fa81a26d24c07e20d18f95f87b516fa7cf95d26294ae60cb504f069c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 125 per nag, vir 9 mense 17 5 1 5 Off the R56 Knoffelsvlei Farm 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.361572063308 25.215471733246
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang