La Ballito 107
Kry 35% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 4 Jack Powel Road, 107 La Ballito, Ballito, 4060, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 700R1 105 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
La Ballito 107 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Ballito. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek aan die Dolfynkus aangesien hierdie kompleks 'n uitnodigende swembad het waarin gaste kan afkoel op daardie warm somersdae.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat geskik is vir kinders. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembadarea wat braaigeriewe het. Die ligging van hierdie eenheid is naby winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Elri Geverifieer
Eiendomme 25
Resensies 46
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 4 Jack Powel Road, 107 La Ballito, Ballito, 4060, KwaZulu-Natal
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 4 Jack Powel Road, 107 La Ballito, Ballito, 4060, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang