La Ballito Self Catering Apartment
Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 12 Okt 2025 tot 30 Okt 2025.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 22 Sandra Road, Belvista Centre, Ballito, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 300R1 105 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
La Ballito Self Catering Apartment is 'n selfsorgwoonstel in Ballito. Dié deel van KwaZulu-Natal is bekend vir sy pragtige strande en warm water. Die promenade is perfek vir 'n draffie in die oggend en daar is verskeie winkelsentrums naby.
La Ballito is 'n tweeslaapkamerwoonstel met slaapplek vir 4 gaste. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en linne word voorsien. Die woonstel het teëlvloere en lugversorging in die sitarea. Daar is 'n oopplan-kombuis met 'n ontbytkroeg en 'n woonkamer. Die kombuis is goed toegerus en het 'n stoof, yskas-vrieskas, en mikrogolf. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.
In die kompleks op die grondverdieping is daar 'n groot tuin met skaduryke bome, ingeboude braaigeriewe en 2 swembaddens, waarvan 1 groot is en die ander een 'n plonspoel. Daar is ook 'n piekniek-area met permanente tafels en stoele waar gaste etes kan geniet. Die area is wonderlik vir kinders om te speel. Daar is 'n wassery in die kompleks, en ook veilige onderdakparkeerplek met 24 uur-sekuriteit.
Die kompleks is stapafstand vanaf die hoofstrand. Die ligging is puik, so 'n voertuig is nie nodig om die omgewing te verken nie. Reg langs die woonstelblok is daar 'n baie gerieflike winkelsentrum met 'n kruidenierswinkel, kitskosrestaurante, OTM'e en restaurante soos Mozambix, Fiamma Grill.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.1/5
Greg Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 66
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 22 Sandra Road, Belvista Centre, Ballito, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink La Ballito Self Catering Apartment het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 22 Sandra Road, Belvista Centre, Ballito, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang