La Pietersia
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1462b Breyer Avenue, Waverley, Pretoria, 0186, Gauteng
- Vanaf R1 500 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
La Pietersia is in die boomryke strate teen die hange van die Magaliesberg in Waverley geleë. Dit is net 3 km van die N1 af en 10 km vanaf die Universiteit van Pretoria.
Die selfsorg-eenheid het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Dit het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Elke bed is oorgetrek met katoenlinne en vere-duvets. Daar is 'n dagbed in die leefarea wat geskik is vir 2 kinders en 'n ekstra matras kan op versoek voorsien word.
Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof en oond en oorgenoeg ingeboude kaste met eetgerei en breekware. Die leefarea is ingerig met 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n eetarea met 'n eetkamertafel en 6 stoele. Die ruim binnenshuise onthaalarea spog met 'n ingeboude braai en eetkamerstel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Dié eiendom maak van sonkrag gebruik en dus sal gaste nie deur beurtkrag geaffekteer word nie.
Gaste is welkom om heerlik af te koel in die swembad op die perseel en ons kan vir langer verblyf reëlings tref vir wasgoed en skoonmaakdienste. Veilige onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek is beskikbaar.
Waverley word gepatrolleer deur 24 uur-sekuriteitswagte.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jaco Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 1462b Breyer Avenue, Waverley, Pretoria, 0186, Gauteng
- Gaste dink La Pietersia het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1462b Breyer Avenue, Waverley, Pretoria, 0186, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang