Lalapanzi Cottage
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 24 Apr 2025 tot 30 Nov 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: PO394 Road, Mare Nostrum 11 and 12, Keurboomstrand, 6602, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 400R1 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Lalapanzi Cottage is 'n lieflike selfsorg huis vir 8 en is in ‘n veilige kompleks in Keurboomstrand geleë en net 200 m vanaf die strand.
Dié kothuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die oorblywende slaapkamers enkelbeddens het. Daar is 2 badkamers wat elk 'n stort het. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, ketel, mikrogolf, stoof, tee- en koffiemaakgeriewe, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus.
Daar is ‘n TV met DStv-kanale, WiFi en 'n kaggel. Die leefarea lei na 'n groot stoep met 'n see-uitsig en braaigeriewe.
Daar is 2 parkeerplekke langs die huis. Ononderbroke kragtoevoer voorsien krag tydens beurtkrag.
Keurboomstrand bied pragtige strande waar gaste kan ontspan, visvang en swem en gaste kan ook gaan voetslaan, en wandel in die Keurboomsrivier Natuurreservaat.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Vanessa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- PO394 Road, Mare Nostrum 11 and 12, Keurboomstrand, 6602, Wes-Kaap
- Gaste dink Lalapanzi Cottage het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: PO394 Road, Mare Nostrum 11 and 12, Keurboomstrand, 6602, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang