Landsrivier Farmstyle Cottage No 2
-
Kapasiteit: 5 persone
3 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 133 Portion 3, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Landsrivier Farmstyle Cottage No 2 is 'n knus selfsorgeenheid op 'n plaas in Uniondale aan die voet van die Kammanassieberge. Gaste kan asemrowende uitsigte op die berge en oor die omliggende weivelde en landerye geniet.
Hierdie sonkrag-aangedrewe eenheid bied slaapplek aan 3 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n buitestort. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer grens aan die hoofslaapkamer en het 'n stapelbed vir kinders. Die derde slaapkamer het 'n driekwartbed. Die gedeelde badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, yskas, eetgerei, en breekware toegerus. Daar is ook 'n houtkaggel. Die sit- en eetarea bied gemaklike sitplek.
Buite is daar 'n boma en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. By Landsrivier kan gaste verskeie staproetes op die plaas verken, bergfietsry in die vallei, visvang in een van 3 damme of 'n met 'n kanoe roei. Uniondale bied ook 'n verskeidenheid restaurante en 'n paar winkels.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Kinderstapelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 21
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Farm 133 Portion 3, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
- Gaste dink Landsrivier Farmstyle Cottage No 2 het ’n goeie ligging
-
Kapasiteit: 5 persone
3 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 133 Portion 3, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang