Successfully reported
+51

Langebaan Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 36A Park Drive, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Langebaan Guest House bied gerieflike oornagverblyf in 'n lieflike gastehuis in die hartjie van Myburgh Park, Langebaan en dis ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers.

Die gastehuis bied 'n gesinskamer met slaapplek vir 6 gaste, 2 deluxe-kamers en 2 2-enkelbedkamers met slaapplek vir 2 gaste elk. Die gesinskamer het 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelslaapbank en 'n stapelbed. Die deluxe-kamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en die 2-enkelbedkamers het elkeen 2 enkelbeddens.

Elke kamer het 'n privaat badkamer met 'n warmwaterstort, wasbak en 'n toilet en linne en handddoeke word voorsien. Die kamers het elkeen tee- en koffiemaakgeriewe, en borde en eetgerei word voorsien sodat gaste wegneemetes in hulle eenhede kan geniet. Die gesinskamers het elkeen 'n yskassie, maar let dat daar nie volwaardige kookgeriewe in enige van die kamers beskikbaar is nie. Daar is wel 'n gemeenskaplike mikrogolf. Gaste het toegang tot gratis WiFi.

Daar is 'n privaat stoep met sitplek buite elke kamer. Die eiendom het veilige parkeerplek, braaigeriewe en 'n wasgoeddiens op versoek. Ontbyt, cappucino en braaimaaltye is op versoek beskikbaar.

Langebaan Guest House is 1 km vanaf die strandmeer, 3 km vanaf Langebaan se strand, die gholfbaan, casino en goeie restaurante. Die apteek, winkelsentrum en vulstasie is sowat 2 km ver.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Baie goed

Netheid
4.8
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Nadia V
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik en netjies. Baie lekker gebly. Kamer is netjies en skoon. Lekker stoep.
Mei 2024
Jacques V
Saam met lewensmaat
4.8
Alles goed. Alles lekker, dankie. Sal dalk in die toekoms 'n meer luukse kamer verkies met TV ten minste.
Jan 2025
Valare V
Saam met lewensmaat
4.8
Awesome. The guest house is stunning, and the rooms were clean to our expectations.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Diederick Jacobus L
Saam met lewensmaat
4.0
Lekker. Was werklik aangenaam, moes net betaal vir melk vir koffie/tee.
Apr 2025
Bea P
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies, gerieflik en vriendelik. Robbie en sy vrou het ons bederf met cappuccino's en die kamer was baie netjies ingerig. Vat maar 'n battery-liggie ...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Robbie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 29

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 36A Park Drive, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Langebaan Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 36A Park Drive, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcb13768991129d0099be5e6528284e4a474fc1a0565ea2cb7eff369b07413fa08fe82ab0d339ecfd34d62a970eb313f86439?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 36A Park Drive Myburgh Park 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.105257 18.041253

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang