Successfully reported
+39

Lavender @ C

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Jacob De Goede Street, Jacobs Bay, 7380, Wes-Kaap
  • Vanaf R875 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lavender @ C is die ideale selfsorg-wegbreekplek in die prentjiemooi Jacobsbaai aan die Weskus, stapafstand van die see.

Die eenheid het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kuierarea met 'n ingeboude braai. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, induksieplaat, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus.

Die oopplan-sitarea en -eetarea het 'n etenstafel, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n ingeboude braai.

Verder is daar 'n privaat ingang en toegang tot die binnehof met 'n swembad. Die swembad is vir die privaat gebruik van gaste.

Jacobsbaai is tussen Saldanha en Paternoster en net 20 km vanaf Langebaan. Dit is bekend vir sy tipiese Weskus-boustyl met verskeie afgewitte kothuise, asook die oorvloed kreef en vis in die dorpie se waters. Die omgewing is ideaal vir stap,fietsry, visvang, kajakvaar en voëlkyk.

Jacobsbaai se natuurlike fynbos dien as habitat vir 'n groot verskeidenheid wild. Dolfyne en walvisse kom tussen Junie en November hier voor. Blommetyd in Jacobsbaai is 'n belewenis wat asems wegslaan.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 174 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Bessiniff F
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing, heartwarming hosts, cosy cottage with all the necessary amenities. We had such a relaxing time at Lavender@C. Our hosts were ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Edwardo N
Saam met lewensmaat
5.0
Die kuier was uiters rustig en aangenaam. Ons het beslis ons verblyf geniet. Dit was baie privaat en verskriklik netjies. Die eienaar het ook besonder...
Sien meer
Okt 2025
Schalk B
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was heerlik en privaat en ekstra bederfies ontvang. Ons het 2 nagte oorgebly.
Okt 2025
Jacques S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly, stil omgewing met pragtige natuur. Baie lekker rustige, stil omgewing. Deeglike toegeruste eenheid.
Okt 2025
Michelle F
Gesin met tieners
5.0
Relaxing and peaceful. Great accommodation. Absolute gem in Jacobsbaai. Hosts greeted us upon arriving and made our stay very special.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Carel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 174

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 3 Jacob De Goede Street, Jacobs Bay, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lavender @ C het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 875
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 875
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 875
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Jacob De Goede Street, Jacobs Bay, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA29cb6391ccd05aaf6cba3658f94258d2d7e77d2a55cab0bce7d0759728517a7cd9c53f3068adf92bda5b6ae19a43adf5fe0e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R875 per nag (plek vir 2) 174 5 1 5 3 Jacob De Goede Street Jacobs Bay 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.968039106708 17.891253400594
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang