Le Paradis Beachfront Apartment
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 64 Compensation Beach Road, 17 Le Paradis, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
            Le Paradis Beachfront Apartment bied lieflike en gerieflike selfsorgvakansieverblyf in die veilige Le Paradis-kompleks in die hartjie van Ballito. Dit kan 'n wonderlike opsie wees vir 'n kuswegbreek saam met familie en vriende, want hierdie woonstel spog met asemrowende see-uitsigte vanaf die vermaaklikheidstoep.
Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n koffiemasjien. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die hoofslaapkamer maak oop op 'n oulike dak-sitarea waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet. Die leefarea maak oop op 'n ruim vermaakstoep met 'n buite-eettafel onder 'n sambreel, 'n draagbare braai asook 'n sithoekie wat 'n wonderlike plek is vir gaste om saans 'n skemerkelkie te geniet. Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembadarea waar hulle op daardie warm somersdae kan afkoel.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Kirsty Geverifieer
Eiendomme 13
Resensies 8
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 64 Compensation Beach Road, 17 Le Paradis, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Le Paradis Beachfront Apartment het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 64 Compensation Beach Road, 17 Le Paradis, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang