Leafy Retreat
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 54 De Villiers Avenue, Kenridge, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Leafy Retreat is 'n moderne eenslaapkamerwoonstel in Kenridge, 'n stil, veilige en boomryke woonbuurt in Durbanville. Die woonstel is gerieflik geleë naby die Tygervallei Mall, US Business School, Durbanville sentraal en Durbanville Wynroete.
Dié woonstel op die eerste verdieping het slaapplek vir 3 gaste en bestaan uit 'n slaapkamer, 'n badkamer, 'n sitkamer en 'n kombuis. Die ruim slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, 'n enkelbed en lugversorging. 'n Instapstort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar.
Die hoofleefarea het 'n oopplan-kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is beskikbaar. Daar is 'n 4-sitplek ontbytkroeg waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Van die kombuis af lei 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV, Netflix en Showmax. Toegang tot gratis onbeperkte Wi-Fi is beskikbaar. Elke area het 'n plafonwaaier en lugversorging sodat gaste koel kan bly op daardie warm somersdae.
Die eiendom bied gaste veilige parkeerplek agter 'n elektriese hek.
Die eenheid gebruik bystandkrag tydens beurtkrag en daarom word gaste nie deur kragonderbrekings geraak nie, maar die lugversorging werk nie tydens beurtkrag nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Margaretha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 54 De Villiers Avenue, Kenridge, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Leafy Retreat het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 54 De Villiers Avenue, Kenridge, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang