Lehakoe Luxe Homes
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bronkhorspruit Road, The Blyde Riverwalk Estate, Tshwane, 0184, Gauteng
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Lehakoe Luxe Homes is 'n moderne selfsorgwoonstel in Pretoria-Oos se Blyde Riverwalk-landgoed, geskik vir klein gesinne, paartjies of sakereisigers.
Dié eenheid het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en gebruik die tweede badkamer met 'n stort. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea spog met 'n volledig toegeruste kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Boonop word 'n wasmasjien en skottelgoedwasser in die kombuis voorsien. Die aangrensende etenstafel het gemaklike sitplek vir 4, en die sitkamer is ingerig met 'n knus rusbank. Vermaakopsies vir gaste sluit 'n TV en komplimentêre WiFi in.
Die leefarea maak oop op 'n balkon met buitesitplek, perfek om 'n oggend koppie koffie te geniet. Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike geriewe, insluitend die restaurant, raadsaal, spa, speletjieskamer, fliekkamer en gimnasium. Veilige parkeerplek binne die kompleks is ook beskikbaar vir gaste. Hierdie woonstel is gerieflik geleë binne loopafstand van die bekende kristalstrandmeer.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Bronkhorspruit Road, The Blyde Riverwalk Estate, Tshwane, 0184, Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bronkhorspruit Road, The Blyde Riverwalk Estate, Tshwane, 0184, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang