Successfully reported
+32

Lekkerbreek

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 14 persone
    10 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 97 Duiker Street, Buffels Bay, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 525 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Lekkerbreek is 'n pragtige en unieke selfsorghuis in die hartjie van Buffelsbaai en is stapafstand vanaf die gewilde swemstrand en 'n klippiestrand waar vissermanne hul dag kan deurbring.

Dié tripelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 7 slaapkamers, 4 badkamers en 2 gastetoilette. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed met 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die grondverdieping het ook 'n aparte badkamer met 'n bad.

Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en die derde en vierde slaapkamer het elk 'n dubbelbed. Die ander 2 slaapkamers het elk 'n stapelbed vir kinders. Die tweede verdieping het nog 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n aparte badkamer met nog 'n stort, asook 'n wasmasjien. Die sewende slaapkamer het 2 enkelbeddens en lei na 'n privaat balkon.

Die leefarea is op die boonste verdieping en het 'n oopplan-uitleg met 'n kombuis wat met 'n gas- en induksiestoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wynverkoeler, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met sitplek, 'n kaggel en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is 'n lieflike binnehof op die grondverdieping met buitesitplek en 'n ingeboude braai. Die middelste leefarea het 'n balkon met braaigeriewe en die boonste verdieping het ook 'n balkon met sitplek waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle die see-uitsig bewonder.

Die huis het 'n omsetter vir beurtkrag.

Kamer-opset

7 Slaapkamers 4 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Kinderstapelbed

Slaapkamer

2

1 x Kinderstapelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Sanet M
Saam met vriende
5.0
Ongelooflik lekker! Ons het die wegbreek vreeslik baie geniet. Ons beveel Lekkerbreek met die grootste vrymoedigheid aan. Moet dit nie mis nie.
Sep 2025
Michelle L
Saam met vriende
5.0
Perfect stay for a large family or group of friends. Beautiful home. We had a lovely stay at Lekkerbreek. Loads of amenities to cover a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Liske V
Gesin met klein kinders
5.0
Lovely. We were pleasantly surprised with all the amenities. Very handy to be within walking distance to the beach. Loved the shower by...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Marinda K
5.0
Asemrowende uitsig. Heerlike naweek saam met familie en vriende. Ongelooflike uitsig. Klipgooi van die strand.
Feb 2025
Philip F
4.8
Rustig natuurskoon ontspanne. Goed georganiseer en skoon. Goeie ligging met baie om te doen vir groot en klein.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Elma Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 63

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 97 Duiker Street, Buffels Bay, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lekkerbreek het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 525
per nag, vir 10 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 525
per nag, vir 10 mense
Vanaf
R 4 525
per nag, vir 10 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
    10 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 97 Duiker Street, Buffels Bay, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1a1cf47ee55cc6ea49381aebd271321967541279a0c00e0a9b48ce3bfa65198df5e764c912a8762de0625529a1f6f65fa52a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 525 per nag, vir 10 mense 9 5 1 5 97 Duiker Street Buffels Bay 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.086725101205 22.972328307271
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang