Successfully reported
+109

Leopard Valley Eco Retreat

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marcuskraal Road, Leopard Valley, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 490 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Leopard Valley Eco Retreat is in 'n rustige vallei tussen Citrusdal en Clanwilliam geleë. 'n Besoek aan Leopard Valley Eco Retreat bied 'n ware wegbreek buite die stadsgedruis. Dit spog met ongelooflike uitsigte en kristalhelder fonteine waar gaste kan ontspan en kwaliteittyd kan deurbring.

Verblyf word in stylvolle, eko-vriendelike eenhede wat onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk is, gebied. Hierdie eko-eenhede wat met skeepsvraghouers gebou is, bied al die geriewe en moderne luukshede terwyl dit ook die natuurskoon beskerm.

Die cabins dien as 'n gerieflike basis vanwaar dae vol stap, swem en voëlkyk geniet kan word en fantastiese rotsformasies, waarvan sommige oeroue Khoisan-rotstekeninge het, besoek kan word. Ontspan op die dek, gebruik die losstaande braaigeriewe en bewonder die berguitsig terwyl liggaam en siel herstel.

Die verblyf het glanskamptente genaamd Wild Olive, Waboom Protea, Wild Buchu en Rooibos.

Saans kan gaste sterrekyk, stories rondom 'n knetterende vuur vertel en na die naggeluide luister. Indien gaste gelukkig is, sal hulle dalk nagdiere soos luiperds, aardvarke, vaalboskatte, bakoorjakkalse, silwerjakkalse en ystervarke raaksien.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 116 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Thelma L
Saam met vriende
5.0
Buitengewoon! Kan nie wag om terug te gaan nie!
Sep 2025
Petro S
Saam met lewensmaat
5.0
Dis 'n lekker plek. Leopard Valley Eco Retreat is goed vir die siel. Ons het heerlik gebly. Die olyfolie en sout- en peper grinders is 'n spesiale tou...
Sien meer
Sep 2025
Johan P
Saam met lewensmaat
5.0
Rus en vrede! Ons is hartlik ontvang by die hek. Die staf was baie vriendelik en behulpsaam. Die blyplek was onberispelik netjies en goed toegerus. On...
Sien meer
Sep 2025
Dorianne B
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful and very friendly and helpful staff. Wonderful service and great value for money. Perfect for a romantic getaway.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Delmarie E
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing! Dit was absoluut wonderlik!
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Craig Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 116

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Marcuskraal Road, Leopard Valley, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Gaste dink Leopard Valley Eco Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 490
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 490
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 490
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marcuskraal Road, Leopard Valley, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAea2794ca4deb0f226695fd5da5e63fb094d8ceac51dacd20e26e12ede26aab1e825bea3858982a3ed8f30f0aba7f6f035986?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 490 per nag (plek vir 2) 116 5 1 5 Marcuskraal Road Leopard Valley 7340 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.388538908967 18.881261478845
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang