Successfully reported
+37

Lilibeth Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Joynt Street, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R2 400 per nag, vir 6 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Lilibeth Guesthouse is 'n pragtige huis in Parys wat veilige en gerieflike verblyf aan 'n gesin, groep vriende of sakereisigers bied.

Die drieslaapkamerhuis bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer het onderskeidelik 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens, en dié gaste deel die aparte badkamer wat 'n bad, stort, wasbak en 'n aparte toilet het. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, koffiemasjien, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na die sitarea waar daar gemaklike rusbanke en 'n TV is. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die huis het sonpanele, 'n Jojo-tenk en 'n gasgeiser, wat doeltreffende energiegebruik verseker. Daar is ook 'n swembad, groot stoep met 'n onderdakbraai-area en 'n groot grasperk vir kinders om te speel. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien en die huis het 'n alarmstelsel.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Toilet

Badkamer

Stort, Bad

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
TV
Verwarmer
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Coenie P
Gesin met tieners
5.0
Amazing. Dit was erg lekker! Skoon en netjies met baie spasie. En veilig.
Sep 2025
Johan V
Saam met lewensmaat
5.0
Aangename rustige verblyf. Lieflike blyplek. Gasvrou was hulpvaardig en vriendelik.
Jul 2025
Alicia H
Saam met vriende
5.0
Comfy, homey, welcoming. Host was very friendly and helpful. The house was so comfy, clean and welcoming; it felt like home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Kowie B
5.0
Ek het baie lekker gebly en die huis was baie skoon. Ek het baie lekker gebly en die plek was baie netjies en skoon. Die huis is regtig ruim vir wat m...
Sien meer
Jul 2025
Dewit G
5.0
Was baie nice, skoon, netjies, goed toegerus, lekker groot, baie vriendelike gasvrou. Plek was baie mooi en is toegerus met alles wat jy nodig het, ne...
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Henka Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 35

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 4 Joynt Street, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Lilibeth Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 400
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 2 400
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Joynt Street, Parys, 9585, Vrystaat
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfcbd16ed0b2c29774be8be2b4ec0ee735b90ba8829be99618447b7501182317fe94ccc1ae0a418637299c6328373e3a62195?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 6 mense 17 5 1 5 4 Joynt Street Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -26.9109435 27.444833

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang