Linden Terrace 6
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Milton Lane, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Vanaf R915 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Linden Terrace 6 is 'n selfsorgwoonstel met 'n uitsig oor Ramsgate se Blouvlagstrand en die getypoel. Hierdie area is wonderlik vir gesinne en daar is 'n standmeer waarop gaste met hul kano's en trapbootjies kan baljaar.
Die woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 'n kind en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Daar is plafonwaaiers in die kamers.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser, tuimeldroër en 'n wasmasjien toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 en daar is 'n ontbyttoonbank met sitplek vir 4. Die sitarea het 'n rottang-sitkamerstel en 'n dubbelslaapbank, asook 'n platskerm-TV met 'n DStv-koppelpunt as gaste hul eie dekodeerder en slimkaart wil saambring.
Die sitarea en al die slaapkamers het skuifdeure wat na 'n groot balkon lei. Die balkon is toegemaak teen die wind en het 'n plastiektafel met sitplek vir 8 en 'n ketelbraai. Dit is die ideale plek om te kyk hoe walvisse baljaar en dolfyne in die branders swem. 'n Geoutomatiseerde enkelmotorhuis is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 735
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Milton Lane, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Linden Terrace 6 het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Milton Lane, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang