Successfully reported
+25

Longview Ranch

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kwaggaskop, Belfast, 1100, Mpumalanga
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Longview Ranch vorm deel van 'n 2000ha beesplaas op die Mpumalanga platorand. Met Dullstroom net 30 minute se ry weg. Geriewe sluit forel- en baarshengel in die plaasdamme, bergfietsry, voetslaan en verken die eiendom op jou gemak in. Kleinwild soos rietbokke, oribi, ystervarke en apies is volop. Verblyf beskik oor 2 klipkothuise.

Kloof-kothuis skuil in die bergvoue en is langs 'n klein dam met 'n natuurlike oorloop geleë. Dit gee besoekers die geleentheid om te ontspan en kwaliteit tyd saam deur te bring. Dié kothuis het 2 slaapkamers, die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer, die ander slaapkamer het 4 enkelbeddens met 'n aparte badkamer met stort. Die kothuis is volledig toegerus met kwaliteit linne en breekware. Die kombuis het 'n gas yskas/vrieskas en gas plate, 'n vlekvrye staal braai word voorsien en dit het 'n kaggel. Kloof-kothuis is ideaal vir 'n paartjie of gesin.

Longview-kothuis is ideaal vir 'n paartjie of 'n paartjie met klein kinders, dit het 'n oopplan-ontwerp met 2 kaggels aan weerskante. Hierdie kothuis is baie ruim en pragtig gemeubileer, dit het 'n koningingrootte-bed. 'n Slaapbank kan gebruik word om klein kinders te akkommodeer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas-kombinasie en gasplate, 'n vlekvrye staalbraai word voorsien. Dié kothuis is volledig toegerus met kwaliteit linne en breekware.

Alle verblyf het battery-aangedrewe ligte. Daar is geen Eskom-elektrisiteit nie. Alle verblyf word op versoek gediens. Hoë padvryhoogtevoertuie word aanbeveel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 183 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Ronel K
Saam met lewensmaat
5.0
Natuurskoon, stilte, gemaklike verblyf. Dankie vir die heerlike naweek in die mooiste natuurskoon. Dit was 'n heerlike naweek!
Jul 2025
Russell T
Besigheidsreis
5.0
A beautiful cottage in the mountains. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Karen T
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike rustyd! Dit was my vyfde keer by Longview Ranch. Elke keer is ek van voor af verlief op die uitsig, stilte en privaatheid. Dit is gerieflik, ...
Sien meer
Feb 2024
Mj S
Saam met lewensmaat
4.8
Hou van die Cowboy Cabin, voel asof jy terug is in tyd. Ons het heerlik gebly, was lekker om so weg te wees in die stilte van die berge.
Aug 2025
Marna B
Gesin met klein kinders
4.6
Asemrowende uitsig. Verblyf was goed ingerig. Net die water faktor na die badkamers kort aandag.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lynette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 183

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Kwaggaskop, Belfast, 1100, Mpumalanga
  • Gaste dink Longview Ranch het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kwaggaskop, Belfast, 1100, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk5MDVlNjQ4LWE5MWQtNDI1Ni1hZTJiLWRjY2U1MDhiZWMxYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 183 5 1 5 Kwaggaskop Belfast 1100 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.537872297759 29.973444342613
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang