Successfully reported
+43

Loskop Serene Bush Cabin

  • Kapasiteit: 13 persone
    9 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kranspoort Golf Club, Kranspoort, 1080, Mpumalanga
  • Vanaf R4 000 per nag, vir 9 mense

Beskrywing

Loskop Serene Bush Cabin is 'n pragtige en luukse huis in die eksklusiewe Wild en Gholf sekuriteislandgoed, Kranspoort. Die huis bied gaste 'n egte bosveld-ervaring en werk met sonkrag. Die landgoed het pragtige voëls en diere en is natuurliefhebbers se droom. Sebras, springbokke, kudus, kampeelperde, vlakvarke en nagapies loop vrylik op die landgoed rond.

Hierdie bekoorlike huis bied slaapplek aan 9 volwassenes en 4 kinders. Dit beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste 3 slaapkamers en 2 badkamers is op die boonste verdieping van die hoofhuis. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Gaste in hierdie 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die aparte opwaskamer. Dit lei na die sitarea met gemaklike rusbanke, 'n slim-TV met Netflix en gratis WiFi. Dit lei verder na die eetarea wat weer lei na die onderdakstoep met nog sitplek en pragtige uitsigte.

Daar is 'n aparte woonstel op die onderste verdieping waar die vierde en vyfde slaapkamers is wat onderskeidelik 'n koningingrootte-bed en 4 stapelbeddens, ideaal geskik vir jong volwassenes, het. Buite die woonstel is 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die kombuisie in die woonstel is met 'n yskas-vrieskas, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Gaste het toegang tot 'n vuurput, 'n onderdakbraai-area en 'n swembad. Veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar.

Gaste kan op die perseel visvang, gholf speel, op wildritte gaan, voetslaan en 'n salon, haarkapper en 'n koffiewinkel besoek. Daar is baie restaurante naby die landgoed.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

2 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Sergio B
Gesin met klein kinders
5.0
100% going back. Absolutely amazing environment! Loved the wildlife.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Enya R
Saam met vriende
5.0
Eerste klas! Wow! Hierdie plek was werklik besonders! Die uitsig is pragtig, die huis is modern, die kuier area is goed ingerig en al die detail in di...
Sien meer
Jun 2025
Ann V
5.0
Die natuurskoon is lieflik en die cabin is ten volle toegerus. Ja, hierdie was ons tweede familie kuier by Serene Bush Cabin.
Mrt 2025
Ann V
5.0
Fantastiese gerieflike huis met privaatheid. Lieflike uitsigte. Perfek toegerus. Ons was so mal oor die Loskop Serene Bush Cabin dat ons dit 'n gereel...
Sien meer
Nov 2024
Lila O
Gesin met klein kinders
5.0
Gerieflik, pragtige omgewing, goeie diens. Ons was 'n groep vriende met klein kindertjies. Ons het baie gerieflik gebly, alles wat mens nodig het is b...
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Maryanne Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 14

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Kranspoort Golf Club, Kranspoort, 1080, Mpumalanga
  • Gaste dink Loskop Serene Bush Cabin het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 000
per nag, vir 9 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 000
per nag, vir 9 mense
Vanaf
R 4 000
per nag, vir 9 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 13 persone
    9 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kranspoort Golf Club, Kranspoort, 1080, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe98dc55ab95989d0223f7d9904d06ec572cdb6eadd9b4ecb91acc88549181417b7b624ad9bf2512198102662a4c76d5fa8e0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag, vir 9 mense 12 5 1 5 Kranspoort Golf Club Kranspoort 1080 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 11:00 -25.426114181535 29.432367914421

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang