Mabalingwe Elephant Lodge
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2025 tot 28 Nov 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mabalingwe Nature Reserve, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
-
Vanaf
R1 200R1 080 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mabalingwe Elephant Lodge is in die Mabalingwe Natuurreservaat in Bela-Bela, Limpopo geleë. Dit is die tuiste van die Groot 5. Die lodge is sowat 1 uur se ry vanaf Pretoria en is ideaal vir ’n naweekwegbreek uit die besige stad.
Dié verblyf het 2 aparte eenhede, 260 A en B. Albei eenhede is oopplan en selfsorg, en bied slaapplek aan 2 gaste elk.
Daar is ’n slaaparea met 2 enkelbeddens of 1 koninggrootte-bed in elke eenheid. ’n En suite-badkamer met ’n stort in eenheid A en B, 'n toilet en wasbak en ’n leefarea met ’n slaapbank en ’n slim-TV. Daar is DSTV, Showmax, Netflix en YouTube op beperkte data beskikbaar en daarna vir gaste se rekening.
Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuisie is toegerus met ’n tweeplaatstoof, ’n mikrogolfoond, yskas, broodrooster, koffie-en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.
Die eenhede het elk hul eie aparte, privaat boma.
Mabalingwe Elephant Lodge is stapafstand vanaf die ontspanningsgeriewe soos die tennis- en muurbalbaan, mini-gholfbaan, swembaddens, winkel en ’n speelarea vir kinders. Dit is slegs ’n rit weg van die restaurant en kroeg af. Daar is oorgenoeg doendinge in die omgewing, soos wildritte, voëlkyk-ritte, die voer van leeus en perdry-safari's. Daar is koue en verhitte swembaddens op die perseel.
Mabalingwe spog met sy eie boskroeg genaamd Kalahari Oasis en dit is ’n heerlike plek waar jy ’n koue drankie kan geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Yolanda Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 275
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Mabalingwe Nature Reserve, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Mabalingwe Elephant Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mabalingwe Nature Reserve, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang