Successfully reported
+86

Mabalingwe Elephant Lodge

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2025 tot 28 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Nature Reserve, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R1 200 R1 080 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mabalingwe Elephant Lodge is in die Mabalingwe Natuurreservaat in Bela-Bela, Limpopo geleë. Dit is die tuiste van die Groot 5. Die lodge is sowat 1 uur se ry vanaf Pretoria en is ideaal vir ’n naweekwegbreek uit die besige stad.

Dié verblyf het 2 aparte eenhede, 260 A en B. Albei eenhede is oopplan en selfsorg, en bied slaapplek aan 2 gaste elk.
Daar is ’n slaaparea met 2 enkelbeddens of 1 koninggrootte-bed in elke eenheid. ’n En suite-badkamer met ’n stort in eenheid A en B, 'n toilet en wasbak en ’n leefarea met ’n slaapbank en ’n slim-TV. Daar is DSTV, Showmax, Netflix en YouTube op beperkte data beskikbaar en daarna vir gaste se rekening.
Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuisie is toegerus met ’n tweeplaatstoof, ’n mikrogolfoond, yskas, broodrooster, koffie-en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die eenhede het elk hul eie aparte, privaat boma.

Mabalingwe Elephant Lodge is stapafstand vanaf die ontspanningsgeriewe soos die tennis- en muurbalbaan, mini-gholfbaan, swembaddens, winkel en ’n speelarea vir kinders. Dit is slegs ’n rit weg van die restaurant en kroeg af. Daar is oorgenoeg doendinge in die omgewing, soos wildritte, voëlkyk-ritte, die voer van leeus en perdry-safari's. Daar is koue en verhitte swembaddens op die perseel.

Mabalingwe spog met sy eie boskroeg genaamd Kalahari Oasis en dit is ’n heerlike plek waar jy ’n koue drankie kan geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 257 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Roelien G
Gesin met klein kinders
5.0
Beste wegbreuk! Defnitief die moeite werd. Ons het so lekker gebly en wens ons kon nog langer bly. Die plek is ideaal geleë en die vlakvarkies het ons...
Sien meer
Okt 2025
Des S
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderlike verblyf. Baie netjiese, gerieflike verblyf. Sal dit beslis aanbeveel vir 'n lekker wegbreek.
Sep 2025
Erica D
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend. Heerlik, rustig en baie lekker.
Sep 2025
Michelè D
Saam met lewensmaat
5.0
Besonders lekker. Dit was heerlik. Ons het die aktiwiteite vreeslik geniet. Ons beveel so 'n kuiertjie rêrig aan. Restaurant ook uitstekend.
Sep 2025
Lennert S
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing place, comfortable and clean. Great service! Amazing. So many animals around.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Yolanda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 275

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Mabalingwe Nature Reserve, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Mabalingwe Elephant Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 080
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 080
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 080
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Nature Reserve, R516, Bela-Bela, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3d656ee472257e29718c93ea26a7eb16c54077631616acc99bc2a548307ae64e181d5f9068ed0d59d9e9f91418bd63f52bd6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R1 080 per nag, vir 2 mense 257 5 1 5 Mabalingwe Nature Reserve R516, Bela-Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.822157740712 28.062489263907
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang