Successfully reported
+36

Magalies Bush Lodge

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off R509, Farm Buffelsfontein, Magaliesburg, 1791, Noordwes
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Magalies Bush Lodge is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustieke wegbreek in die Magalies-bosveld.

Magalies Bush Lodge bied gaste 'n keuse van 3 individueel versierde chalets wat almal in die bosveld geleë is; Chalet Bosbok, Chalet Springbok en Chalet Rooibok. Chalet Springbok en Chalet Blesbok het albei slaapplek vir 4 mense, terwyl Chalet Bosbok slaapplek het vir 6.

Die chalets is ingerig met gemaklike enkelbeddens wat in koninggrootte-beddens omskep kan word, en elke chalet het 'n badkamer met 'n stort. Bababedjies is beskikbaar op versoek, en linne word vir gerief voorsien. Elkeen van die chalets het 'n kombuis wat toegerus is met 'n 2-top-stoof sonder oond en 'n mikrogolfoond. Elke chalet het ook 'n privaat boma.

Die lodge bied ook geriewe soos 'n swembad, klippizza-oond, 'n uitkykpunt asook 'n houtspeelgrond om die kinders besig te hou. Die lodge het ook 'n baba swembad sowel as 'n groot swembad. Neem asseblief kennis dat die swembad nie omhein is nie, en toesig word aangeraai. Daar is staproetes wat verken kan word en 'n verskeidenheid wild kan gesien word wat wissel van blesbokke, springbokke, blesbokke, rooibokke en meer.

Magalies Bush Lodge is sowat 100 km vanaf Johannesburg, 110 km vanaf Pretoria, en 44 km vanaf Rustenburg, ideaal vir 'n vinnige naweekwegbreek in die veld.

Neem asseblief kennis dat daar 'n grondpad van minstens 10 km is en die pad na die plaas is ook 'n grondpad. Gedurende die reënseisoen moet gaste in Chalet Bosbok en Sringbok eerder met 'n bakkie, SUV of 4x4 kom.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Christoffel V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, goed vir 'n salige wegbreek! Akkommodasie was baie mooi en netjies. So stil en rustig in die bos. Eienaars is vreeslik aangenaam en het hul pa...
Sien meer
Okt 2025
Toinette S
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike rustige verblyf. Wat 'n besondere plek! Jacky en Mary is ongelooflike twee mense wat mens se verblyf so gemaklik maak.
Jun 2025
Carina V
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik mooi, vriendelike mense, baie skoon en geen geraas. Amazing. Ons het baie rustige naweek gehad, dis so lekker stil in die mooi natuur. Gas...
Sien meer
Nov 2024
Deborah R
Besigheidsreis
5.0
Wonderful. My mum went with her friend and she said the owners were very friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Riaan B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker en vriendelike personeel. Die ideale plek waar jy kan ontspan en rustigheid kan kry.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Mary Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Off R509, Farm Buffelsfontein, Magaliesburg, 1791, Noordwes
  • Gaste dink Magalies Bush Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off R509, Farm Buffelsfontein, Magaliesburg, 1791, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1adff2b5a08c39c7d2de9e38446a5d9df00a2dfb22061940590817b47aaa488c2dc6b1ecf14b6b8354fbafbe2879c7d58282?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 43 5 1 5 Off R509 Farm Buffelsfontein 1791 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.949246777248 27.350552380085
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang